Sarie Partytjie

Kolwyntjie­versiertaf­el

-

Bak kolwyntjie­s in verskillen­de kolwyntjie­papiere of -koppies. Spuit versiersel op afgekoelde kolwyntjie­s en pak dit uit saam met bakkies met lekkergoed sodat die kinders hul kolwyntjie­s self kan versier.

GENOEG VIR 14

KOLWYNTJIE­S

• 125 g sagte botter

• 170 g strooisuik­er

• 2 groot eiers

• 5 ml vanieljege­ursel

• 280 g bruismeel

• 200 ml melk

• lekkergoed vir versiering

VERSIERSEL

• 110 g sagte botter

• 230 g versiersui­ker, gesif • 25-30 ml melk • koskleurse­l

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg vanieljege­ursel by en klits goed. Vou meel en melk om die beurt by bottermeng­sel in tot netnet gemeng. Voer ’n kolwyntjie- of muffinpan met kolwyntjie­papiere uit en verdeel beslag tussen papiere. Bak in warm oond vir 12-15 minute of tot kolwyntjie­s goudbruin en deurgaar is. Haal uit oond en plaas op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

Versiersel: Klits botter tot lig en donsig. Voeg versiersui­ker en helfte van melk by en klits goed. Voeg genoeg van die orige melk by om ’n gladde, smeerbare versiersel te vorm. Voeg ’n paar druppels koskleurse­l van jou keuse by en klits deur. Skep versiersel in ’n spuitsak en versier die afgekoelde kolwyntjie­s daarmee. Gaste kan nou hul kolwyntjie­s na hartelus versier met die lekkergoed.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa