Sarie Partytjie

Vrugte-ysies

-

Heerlik koel en baie maklik om te maak.

GENOEG VIR 6-8

• vars vrugte van jou keuse

(mango, pynappel, aarbei, ens.) • 60 ml vrugtesap

• 25 ml suiker

• 125 ml dik Griekse jogurt

Kies die vrugte wat jy wil gebruik, skil indien nodig en sny in stukke. Verpulp tot glad in ’n versapper. Jy het 125 ml vrugtepure­e nodig. Roer vrugtesap by. Gooi ’n lagie van die mengsel in plastieklo­llievorms. Vries vir 2 uur of tot ferm. Roer suiker by jogurt en skep ’n laag in elke vormpie. Vries weer tot ferm. Gaan so voort met nog lae. Jy kan ook net vrugteof net jogurt-ysies maak. Druk ’n roomysstok­kie in elke vorm wanneer jy die laaste laag inskep. Hou die vorms ’n paar sekondes onder warm water om dit los te maak wanneer jy gereed is om dit voor te sit.

MAAK ONS KIWIVRUG-YSIES

SÓ: Druk 2-3 skyfies vars kiwivrug teen die kante van die lollievorm en vries ’n uur of twee. Gooi dan die vrugtepure­e-en-sapmengsel in en vries tot byna hard. Druk roomysstok­kie in en vries tot kliphard.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa