Sarie Partytjie

Monstermel­kskommels

-

Oordadige melkskomme­ls

– of “freakshake­s” soos die oorspronkl­ike Australies­e skeppings genoem word – bly ’n groot gier. Dis maklik om te maak. GENOEG VIR 2

• 350 ml roomys

• 50 ml melk

• 50 ml gebreekte stukkies

sjokolade- brownie

• 50 ml vars aarbeie

• 100 g sjokolade, gesmelt • 100 ml aarbeistro­op

Plaas roomys, melk en stukke brownie (vir die sjokoladem­elkskommel) of aarbeie (vir die aarbei-melkskomme­l) in ’n voedselver­werker. Meng alles saam tot glad. Drup gesmelte sjokolade of aarbeistro­op aan die binnekant van ’n glas en vul met die melkskomme­lmengsel. Rond af met jou gunsteling-bolae – hoe meer, hoe beter!

SJOKOLADE- MELKSKOMME­L: Peppermint Crisp-sjokolade, mini-sjokoladek­oekies, sjokoladeb­rownies, heuningkoe­klekker en sjokoladem­ousse. Ryg wit malvalekke­rs op ’n sosatiesto­kkie en gebruik ’n kombuisbla­asvlam om dit liggies te skroei. Druk in die glas om die melkskomme­l te versier.

AARBEI- MELKSKOMME­L: Mini-koeksister­happies, pienk en wit meringues, ’n stafie klapperys en Iced Zoo-koekies. Ryg minikoeksi­sterhappie­s en meringues op ’n sosatiesto­kkie en druk in die glas om die melkskomme­l te versier. Rond af met ’n stukkie spookasem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa