Steenkoolballe
• 40 malvalekkers
• 45 ml botter
• 300 g gepofde sjokoladerys
(Coco Pops)
• swart koskleursel
• 30 ml geaktiveerde steenkool
(kyk by apteek)
Plaas malvalekkers en botter in groot bak en smelt by matige hitte in mikrogolfoond. Gooi rys en kleursel by en meng deur. Laat effens afkoel en skep balle van die mengsel met nat roomyslepel. Maak hande effens nat en rol tot dit stewig is. Plaas op bakplaat en laat afkoel tot gestol. Sif steenkool oor en skud rond tot heeltemal bedek. Sit voor.
WENK Jy kan die balle 3 dae voor die partytjie maak. Hou in lugdigte houers.