Rocky road-koekies
’n Beter bederf kry jy nie maklik nie. Maak seker jy het iets van alles in. Malvalekkers en moutballe is ’n moet.
GENOEG VIR 12
• 1 x 300 g-pak klein
malvalekkers
• 600 g moutballe
• 1 x 100 g-sakkie pistasieneute
• 1 x 100 g-sakkie witsjokolade
splinters
• 300 g donkersjokolade, gesmelt
Voer ’n 20 x 15 cm-broodpan uit met bakpapier. Plaas al die bestanddele behalwe gesmelte sjokolade in groot mengbak. Gooi sjokolade oor en meng goed met houtlepel. Gooi hele mengsel in koekpan en druk dit stewig vas in die pan met ’n houtlepel. Plaas nog ’n stuk bakpapier bo-op en plaas ’n skoon bord bo-op met iets swaars daarop wat die mengsel platdruk – ek gebruik sommer blikkies vrugte. Plaas vir 20-25 minute in yskas of tot sjokolade gestol het. Haal uit pan. Sny in skywe en sit voor.