Spyskaart
Maak ’n verskeidenheid toebroodjies of hamburgers – of albei, na gelang van hoeveel gaste genooi is. As die weer saamspeel, kan jy die burgerpatties oor die kole rooster. Vul bakkies met bestanddele sodat gaste hul eie burger kan bou. Sit die burgers voor met tjips en uieringe. Vir nagereg kan jy koeldrank-floats of aarbei-moutskommels maak, of jy kan jou gaste ’n keuse gee.