Geroosterde mielies
Laat elke kind sy eie mielie braai en geurmiddels bysit soos dit vir hom lekker lyk.
GENOEG VIR 8
• 8 heel groenmielies
• 90 ml goeie mayonnaise • 1 knoffelhuisie, fyngedruk • 2,5 ml cayenne-peper • knypie sout
• 250 ml gekrummelde
fetakaas
• 2 lemmetjies se sap
Kook mielies 10 minute. Haal uit pot en dreineer goed. Rooster dit so 10 minute oor die kole (of in ’n riffelpan). Draai mielies elke paar minute om. Meng die mayonnaise, knoffel, peper en ’n ruim knypie sout. Wanneer die mielies gaar is, kan jy die mayonnaisemengsel oorsmeer. Sprinkel ’n bietjie fetakaas oor en drup vars lemmetjiesap daaroor. Sit die mielies warm voor.