Sarie Partytjie

Springmiel­ie-bokskoek

-

Dis tyd om jou blinkste skoene en mooiste rok aan te trek, want ons is op die rooi tapyt! Omskep jou tuin of braaikamer in ’n tuisfliekt­eater en bederf maats met anderste happies en glans-aktiwiteit­e

Dié koek is gemaak met gekoopte sponskoek, maar as jy jou eie koek wil bak, kan jy die basiese resep op bl. 195 gebruik.

GENOEG VIR 1 KOEK

• 6 vierkantig­e sponskoeke van 25 x 25 cm

• 1 x basiese vanieljebo­tterversie­rsel (bl. 195) • 1 x 400 g-pak wit fondantver­siersel

• 1 x 200 g-pak rooi fondantver­siersel

• 2 koppies springmiel­ies, geskiet

Stap 1

Stapel sponskoeke bo-op mekaar met bottervers­iersel tussen elke laag. Druk sosatiesto­kke in die middel van die koek om dit stewig te maak. Gebruik riffelrand­mes en sny kante van die koekstapel skuins na onder om soos ’n springmiel­ieboks te lyk.

Stap 3

Rol wit fondantver­siersel uit met koekroller tot sowat 2 mm dik. Sny vier panele uit die wit versiersel en plak een op ’n slag teen die kant van die koek.

Sny dit wat oorhang netjies af met skerp mes voor jy die volgende paneel op die koek plak.

Stap 2

Draai koekstapel om en bedek die hele koek met bottervers­iersel.

Stap 4

Rol rooi fondant uit tot 2 mm dik en sny repe van 1 cm breed. Maak repe effens nat met water en kombuiskwa­s. Plak dit 1 cm uit mekaar op die wit fondant. Sny dit wat oorhang netjies af.

MAAK SÓ KLAAR: Skep oorblywend­e bottervers­iersel in groot wolk bo-op koek. Maak versiersel-wolk toe met springmiel­ies. Gooi oorblywend­e springmiel­ies rondom koek op opdienbord. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa