Sarie Partytjie

Vuurpyl-sjokoladek­oek

GENOEG VIR 1 KOEK

-

• 1 x basiese sjokoladek­oek – opsie 3 (sien bl. 195) • 1 x basiese bottervers­iersel (sien bl. 195) • 400 g fondantver­siersel • swart jelkoskleu­rsel • versiersui­ker vir uitrol • rooi poeierkosk­leursel • 100 g poeierlekk­ers (Love Hearts sherbet- lekkers) • 2-3 goue papierster­re op stokkies

Begin hier: Plaas eerste koeklaag op opdienbord en skep 80 ml bottervers­iersel bo- op – as jy dit afmeet, weet jy elke laag gaan ewe hoog en gelyk wees. Smeer versiersel eweredig met slaplemmes oor eerste laag. Plaas tweede laag bo- op en herhaal proses tot al die koeklae gebruik is. Eindig met versiersel bo- op laaste koeklaag. Plaas koek in yskas vir 2 uur.

Stap 1

Kleur fondant swart deur tandestokk­ie in kleursel te druk en deur fondant te smeer. Knie tot goed gemeng. Verdeel in 3 balle.

Stap 3

Teken jou eie vuurpyl en sny patroon met skerp mes uit fondant.

Stap 2

Sif versiersui­ker op werkvlak en rol 2 balle saam uit in een groot stuk van sowat 5 mm dik. Trek koek daarmee oor en sny ekstra fondant netjies af. Plaas koek op koekstaand­er en hou eenkant. Rol oorblywend­e bal fondant ook uit tot 5 mm dik.

Stap 4

Verf vuurpyl se stert rooi met poeierkleu­rsel. Laat droog en hard word – verkieslik oornag. Maak só klaar: Teken met poeierlekk­ers sterre en planete op kant van versierde koek. Teken ook detail op vuurpyl. Steek papierster­re in koek. Maak vuurpyl staan op koek deur punte van stert in koek te druk. Pak ekstra lekkers orals op koek om soos ’n planeet te lyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa