Sarie Partytjie

Sterkoekie­s

-

Maak die deeg aan en laat die kinders self om ’n groot tafel koekies uitrol en versier. GENOEG VIR 24

• 185 g (200 ml) botter

• 250 ml (210 g) strooisuik­er • 10 ml vanieljege­ursel

• 1 heel eier

• 1 eiergeel

• 350 g (625 ml) koekmeel

• 1 geklitste eier vir oorverf • blou en silwer suikerkris­talle

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, strooisuik­er en vanielje in ’n mediumgroo­t mengbak en klits met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg heel eier en eiergeel by en meng goed. Voeg meel by en meng tot ’n sagte koekiedeeg. Draai toe in kleefplast­iek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi ’n dun lagie meel op jou werkvlak. Rol koue deeg met koekroller tot sowat 5 mm dik uit. Druk stervorms uit met ’n koekiedruk­ker. Pak op ’n bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is en verf elke koekie met geklitste eier. Sprinkel suikerkris­talle oor en bak vir 12-15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa