Blink klappers
Koop dun kartonbuise en rol dit toe in versierde aftrekpapier. Laat die papier aan albei kante met sowat 10 cm oorsteek en sit ’n klein geskenk in die buis voordat jy die punte met lint of tou toebind.
VERSIER DIE PAPIER SÓ Spuit spuitgom aan die agterkant van ’n papierdoilie. Sit die doilie op ’n A3-vel aftrekpapier, spuit nog gom rondom en trek die doilie af. Sit velle bladgoud (of -silwer of -koper) op die dele met gom en vee met ’n sagte kwas bo-oor om oortollige bladgoud te verwyder en ’n doiliepatroon in die bladgoud te skep. Vou die papier van die ander kant af om die kartonbuis en plak dit aan die kant toe met alkantplakband.