Sarie Partytjie

SPEELSPEEL

-

In die uil se maag

Sny ’n plank van 1 500 x

800 cm uit 5 mm-laaghout. Verf die plank wit en verf dan met skakerings van bruin ’n uilfiguur op die hout – maak seker jy kies een met ’n groot maag. Sny die maag uit met ’n figuursaag. Gee vir die kinders tennisball­e en laat hulle kyk wie kan die meeste balle in die uil se maag gooi.

Appels aan toue

Maak lang toue aan die stingels van rooi appels vas. Hang dit op verskillen­de hoogtes aan takke in die tuin. Kinders moet met hul hande agter die rug kyk wie die eerste sy appel kan opeet – die wenner kry ’n prys.

Verfblik-stelte

Koop skoon verfblikke

(2 per kind) by ’n verpakking­smateriaal­handelaar. Sny vir elke blik ’n stuk sterk tou van 1,5 m lank. Draai blik onderstebo en maak gaatjies aan weerskante van die blik (soos op foto). Ryg tou se punte deur gaatjies en maak knope aan die punte. Hou ’n resies en kyk wie kan eerste oor die eindstreep stap met dié stelte.

Uil-piñata

Maak self ’n uil-piñata of bestel een by jou naaste partytjiew­inkel. Blinddoek die partytjieg­angers en gee elkeen ’n beurt om die piñata met ’n lang stok te slaan.

Die uitnodigin­g

Besoek SARIE. com en laai die ontwerp vir ons bos-uitnodigin­g af. Maak uit vilt klein dierevinge­rpoppies soos bere, uile en hasies: Sny buitelyne en plak bo-op mekaar met materiaalg­om. Plak poppies op uitnodigin­g vas.

Vilt-maskers

Besoek SARIE.com en laai buitelyn-patrone vir ’n verskeiden­heid dierevorms af. Volg die aanwysings op die vorms en sny die dele uit verskeie kleure vilt. Stik Vilene (tussenvoer­ing-materiaal) tussen die lae vas en plak detail vas met materiaalg­om.

Sny stukke broekrek en stik vas aan maskers.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa