Malvalekkers
Laat die kinders hul eie malvalekkers oor die kole braai.
GENOEG VIR 12
LET WEL Volwasse toesig is noodsaaklik wanneer kinders naby ’n vuur of warm kole is.
• 30 ml gelatien
• 125 ml koue water
• 440 g (500 ml) strooisuiker • 250 ml kookwater
• 5 ml vanieljegeursel
• 100 g fyn klapper
• 200 g donkersjokolade,
gesmelt
• 1 x 250 g-pakkie
Marie-koekies
Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt in pot oor kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanielje. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot dik mengsel. Gooi mengsel in 30 x 20 cm-bak wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat stol in yskas vir 2-3 uur.
Keer uit op kapplank.
Gebruik ronde koekiedrukker met 3 cm-deursnee en druk sirkels uit. Rol in klapper. By die partytjie ryg jy die malvalekkers op stokke en laat die kinders dit goudbruin braai oor warm kole.
Skep sjokolade op en sit elke lekker tussen 2 koekies.