Sarie Partytjie

DIE KOEK Roomyskoek

-

Hierdie koek is so maklik om te maak, jy het net ’n vrieskas nodig! GENOEG VIR 1 KOEK

• 100 g wit baksjokola­de • pienk poeier-koskleurse­l • 5 liter gladde aarbei-envanielje­roomys (koop een in ’n ronde houer)

• 2 liter gladde aarbeiroom­ys • 250 ml room

• pienk koskleurse­l

• 1 hand vol veelkleuri­ge koekstrooi­sels

Smelt witsjokola­de in glasbak oor pot met pruttende water. Kleur pienk met poeierkleu­rsel – vloeibare kleursel werk nie met sjokolade nie. Skep lepels vol van die sjokolade op bakpapier en trek met die agterkant van ’n eetlepel daardeur vir lang ovaalvorms. Laat stol in yskas. Doop 5-liter-roomyshoue­r vinnig in kookwater en keer uit op koekstaand­er – die roomys is reeds in koekvorm. Smeer kante gelyk met slaplemmes. Plaas koek met staander en al terug in vrieskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa