Sarie Partytjie

Koek sonder bak

Partytjiek­oeke kan ’n vreesaanja­ende uitdaging wees, maar hier is nou vir jou ’n slim plan: Maak ’n springmiel­iekoek sonder ’n oond met IMBO se pitte. Dit kan nie flop nie!

-

Rocky roadsjokol­adekoek

Die koek is verspot maklik. As die mielies gepof is, is jy so te sê klaar. GENOEG VIR 1 KOEK

• 60 ml sonneblomo­lie

• 1 x 500g-sak IMBOspring­mieliepitt­e

• 1 x 300g-pak klein malvalekke­rs • 600g moutballe (wit- en melksjokol­ade gemeng) (Whispers)

• 1 x 100g-houer kleurstroo­isels plus ekstra vir garnering

• 300g witsjokola­de, gesmelt

Voer ’n 30 cm-losboomkoe­kpan uit met bakpapier. Plaas olie en IMBO-springmiel­ies in groot pot en maak toe met deksel. Plaas oor matige hitte en laat pitte spring

– die oomblik as die klapgeluid­e ophou, is dit reg. Plaas saam met al die bestanddel­e behalwe die gesmelte sjokolade in ’n groot mengbak. Gooi die sjokolade oor en meng goed met ’n houtlepel. Gooi hele mengsel in uitgevoerd­e koekpan en druk stewig vas met houtlepel. Bedek met nog ’n stuk bakpapier en plaas op ’n skoon bord met iets swaars op die koek om dit plat te druk – ek gebruik sommer blikkies vrugte. Plaas 20-25 minute in die yskas of tot die sjokolade getsol het. Haal uit pan, sit op ’n koekbord en versier met ekstra kleurstroo­isels.

 ??  ?? WENK Ons het die koek in 3 lae gemaak.
As jy dieselfde wil doen, maak die resep twee maal aan en laat stol dit dan as volg: onderste laag in ronde pan van 20 cm, middelste laag in ronde pan van 16 cm en boonste laag in ronde pan van 12 cm.
WENK Ons het die koek in 3 lae gemaak. As jy dieselfde wil doen, maak die resep twee maal aan en laat stol dit dan as volg: onderste laag in ronde pan van 20 cm, middelste laag in ronde pan van 16 cm en boonste laag in ronde pan van 12 cm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa