Ou strand­huis word eer­ste bly­plek

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S WILLEM LOURENS

Om jou eer­ste huis as pas­ge­trou­des te re­stou­reer kan ’n uit­da­ging wees. Dit is pre­sies wat Wil­lie en Ta­nya Fou­rie ge­doen het met hul bly­plek in die Strand. Hul­le het half ver­wag dat dit kop­stamp sal gaan, maar tot hul ver­ba­sing het hul­le goed saam­ge­werk

Wat is die ge­skie­de­nis van die huis?

Dis in die 1940’s ge­bou en was die va­kan­sie­plek van ’n voor­ma­li­ge eer­ste mi­nis­ter. El­ke og­gend en mid­dag stap oom John S­teyn, wat al ja­re in die Strand woon, hier ver­by en sê dat mans des­tyds uit re­spek hul hoed af­ge­haal het as hul­le ver­by die huis loop!

Was daar hin­der­nis­se in die re­stou­ra­sie van die huis?

As ge­volg van die ma­nier hoe dak­ke des­tyds op­ge­sit is en om­dat ons die leef­ruim­te se mu­re wou uit­breek, moes ons ’n in­ge­ni­eur kry om die dak­bal­ke te ver­sterk. Die mu­re was ook skurf ge­pleis­ter met die ken­mer­ken­de “pop­corn”-af­wer­king van daar­die era. Dit moes af­ge­krap word en ons het ’n lek­ker duur ver­ras­sing ge­kry. Die kra­ke moes her­stel word en die mu­re moes oor­ge­pleis­ter word.

Hoe­veel kos dit so­ver?

Hier­die is fa­se 1. Nou re­stou­reer ons net die leef­a­rea en hoof­slaap­ka­mer. Die dak, pla­fon en mu­re was die groot­ste uit­ga­we, maar ge­luk­kig het Wil­lie die pro­jek self be­stuur en om­dat hy die no­di­ge ken­nis het, kon hy al­le moont­li­ke op­sies oor­weeg wat ons geld be­spaar het. Dit was so min of meer R40 000 vir die leef­ruim­te. Die kom­buis is waar ek die mees­te van my tyd deur­bring [Ta­nya was eers in

SARIE se kos­span] en ons be­skou dit as die hart­klop van die huis. Hier het ons oë toe­ge­knyp en die bes­te ge­koop wat ons kon be­kos­tig. Dit het ge­help dat Wil­lie, wat sy eie lood­gie­te­r­on­der­ne­ming het, die in­stal­la­sies kon doen en my broer, Gunt­her P­öhl, ’n e­lek­tri­si­ën, die be­dra­ding.

Is daar kort­paaie?

Ek dink nie daar is kort­paaie nie. My bes­te raad is: bly be­trok­ke, want dit raak jou sak. Nie­mand gee so­veel om vir jou pro­jek soos jy nie. Sorg dat jou wa­ter­pas werk en hou maar ’n kal­meer­pil­le­tjie by­der­hand.

Het jul­le raad om geld te be­spaar?

Moet nooit som­mer net die eer­ste kwo­ta­sie aan­vaar nie. Ons het der­dui­sen­de ge­spaar deur goed na­vor­sing te doen, rond te bel en voet te slaan. Ons het bv. ’n voor­deur van so­lie­de me­ran­ti-hout vir ’n ap­pel en ei twee­de­hands ge­koop. Ons het eers ’n reu­se­kwo­ta­sie vir die a­lu­mi­ni­um­ven­sters ge­kry. Maar na­dat ons ver­der ge­soek het, het ons ’n ab­so­lu­te wins­koop ge­kry son­der om ge­hal­te in te boet.

PLEK VAN RUS

Vir hul slaap­ka­mer wou Ta­nya ’n rus­ti­ge ha­we s­kep. Hier het sy Fran­se-styl meu­bels ge­kies met kraak­wit bed­de­goed en kus­sings met teks­tuur.

In­tal­leer ’n groot ge­noeg ei­land waar jy kan werk ter­wyl jou men­se eet.

DIE KOM­BUIS

Dit is Ta­nya se trots. Sy het haar hart ver­loor op die ry lig­te bo die kom­buis­ei­land, maar haar boeg­lam ge­skrik toe sy die prys sien. Wil­lie het ’n bie­tjie rond­ge­kyk en die­self­de lig­te teen die helf­te van die prys by ’n ander han­de­laar ge­kry. Die ei­land is lek­ker diep met kas­te al­kant en ge­noeg plek vir kroeg­stoe­le (van

C­hair Cra­zy, www.chai­r­cra­zy.co.za) aan die een kant.

Die lang ta­fel skei die sit­ka­mer en kom­buis mooi van me­kaar. Ta­nya en Wil­lie in hul nu­we huis. LIG, OOP EN RUIM Om die sit-, eet­ka­mer en kom­buis in een groot leef­ruim­te te om­skep is al die bin­ne­mu­re uit­ge­breek. Die leer­bank, kof­fie­ta­fel en sy­ta­fels...

Bin­ne­mu­re is uit­ge­slaan en die dak ver­sterk. Mat­te is ge­lig, en nu­we ven­sters en die pla­fon ge­ïn­stal­leer.

GE­NOEG PAK­PLEK Ta­nya wou nie ry op ry kas­te in­stal­leer nie, daar­om het sy hier­die oop rak­ke by die kook­a­rea laat op­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.