Kaap­se ju­weel: ontdek dit!

Ontdek dit!

Sarie Woon - - Voorblad - WOORDE MARGUERITE VAN WYK

Tur­koois wa­ter en weg­steek-strand­jies, die e­ner­gie van die berg en ek­so­tie­se fyn­bos, pik­ke­wy­ne en die skil­der­ag­ti­ge skoon­heid van Kaap de Goe­de Hoop . . . Ontdek saam met SARIE die mooie Kaap­se Suid-S­kier­ei­land

Noord­hoek, Mui­zen­berg, St. Ja­mes, Kalk­baai, Vis­hoek, Si­mon­stad, Kaap­punt . . . Die een dorp is so ka­rak­ter­vol soos die vol­gen­de.

Elk­een vol lek­ker­tes wat wag om ontdek te word.

Die Kaap­se Suid-S­kier­ei­land is meest­al rots­ag­tig en steek 75 km die At­lan­tie­se O­se­aan in op die suid­wes­te­li­ke hoek van A­fri­ka. By die sui­de­lik­ste punt van die s­kier­ei­land kry jy se­ker­lik van die mees skou­spel­ag­ti­ge de­le van ons land, Kaap­punt en Kaap de Goe­de Hoop.

Dis ’n wê­reld son­der lug­be­soe­de­ling, waar jou siel kan a­sem­haal.

“Die ster­re is so hel­der soos op Sut­her­land in die Noord-Kaap, maar dit is nie so koud soos daar nie. Dit is ’n voor­reg om daag­liks deur so­veel na­tuur­skoon om­ring te wees. Dit is rus­tig in die deep south, maar ook na­by aan Kaap­stad. Die bes­te van al­bei wê­rel­de,” ver­tel Uga Car­li­ni, ver­vaar­di­ger van on­der meer die be­kroon­de do­ku­men­tê­re prent A­li­son, wat in Au­gus­tus land­wyd uit­ge­reik is.

Die ak­tri­se Ja­na S­try­dom en haar ge­sin het ’n jaar ge­le­de na Si­mon­stad ge­trek. “Hier gaan dit oor men­se en ver­hou­dings. Dis ma­gi­cal vir my kin­ders, O­han (6) en Lu­ka (4). Die ge­typoel is so­wat 100 me­ter van ons huis af. Ons kan stap en berg­klim en speel ure op die rot­se. Dis so on­ge­rep, ons sien see­ster­re en vang see­kat­te in ’n em­mer­tjie, en het selfs al ’n rob op die strand ge­sien. Ek ver­gaap my nog daag­liks aan die tur­koois wa­ter.”

Daar is ’n sta­di­ger rit­me aan dié wê­reld, meen SARIE se de­kor­re­dak­teurs, Anita Ros­souw en Lounette Fou­rie. “In van­dag se ge­jaag­de wê­reld is die Kaap­se Suid-S­kier­ei­land nog een van die on­ont­dek­te ju­we­le van ons land,” sê hul­le. Die hui­se hier weer­spie­ël ook ’n styl­vol­le maar ge­mak­lik-in­for­me­le pas. ’n S­tuk­kie slow li­ving.

Ma­ri­sa de Kock, af­de­lings­veld­wag­ter van die Kaap de Goe­de Hoop-ge­deel­te van die Ta­fel­berg Na­si­o­na­le Park – wat van Ta­fel­berg >

< tot by Kaap­punt strek – ver­tel daar is so­wat 2 200 ver­skil­len­de plant­spe­sies, ver­al fyn­bos soos pro­te­as en e­ri­kas, wat meest­al in Ok­to­ber blom. “Be­soe­kers kom kyk graag vo­ëls in O­li­fants­bos by Kaap­punt en ge­niet die ryk ma­rie­ne lewe, soos die mag­dom skul­pe, slak­ke, mos, see­spin­ne­kop­pe, jel­lie­vis­se, dol­fy­ne en die sui­de­li­ke noor­kap­per-wal­vis­se.”

Ma­ri­sa meen die len­te en herfs is die bes­te tyd om dié deel te be­soek. “Die win­ters is te koud en nat, die so­mers warm en win­de­rig. Wan­neer die wind nié waai nie, kan jy lek­ker swem en piek­niek hou by stran­de soos Bord­jies­drif en Buf­fels­baai. Al­bei het ge­typoe­le. Ons raai men­se af om rond­om Kaap­punt te swem om­dat daar sterk see­stro­me is.”

El­ma­rie Ho­rak en haar man,

Jo­han, het tien jaar ge­le­de Gau­teng vir Si­mon­stad ver­ruil. “Ons wou na­by die stads­lig­gies wees maar tog in ’n rus­ti­ge om­ge­wing woon. Si­mon­stad bied dit al­les. Dit is boon­op ’n prag­ti­ge, his­to­rie­se dorp met ge­noeg re­stau­ran­te, kof­fie­win­kels en in­te­res­san­te klein win­kel­tjies. Og­gend­stap­pe met die hon­de in die berg of ’n lui­lek­ker dag op Boul­ders­strand, waar jy dalk ge­luk­kig is om saam met die pik­ke­wy­ne te swem, is ’n heer­li­ke leef­styl,” ver­tel El­ma­rie.

Anita en Lounette het ’n paar guns­te­lin­ge op hul roe­tes ontdek:

CASA LABIAKULTUURSENTRUM EN CUCINA LABIAEETPLEK

Jy het nog kwa­lik deur Mui­zen­berg ge­ry op pad St. Ja­mes toe, dan sit dié sta­ti­ge wo­ning regs teen die berg. En jy wéét som­mer hier wil jy in­gaan. “Ek het se­ker een van die lek­ker­ste skons met aar­bei­kon­fyt en room by Casa La­bia ge­ëet. En die re­stau­rant is so styl­vol, kom­pleet met ’n kraak­wit ta­fel­doek en lap­ser­vet,” sê Lounette.

Casa La­bia is in 1928 deur F­re­de­rick Mackin­tosh G­len­nie vir prins Na­ta­le La­bia (1877 – 1936) en prin­ses Ida Lou­i­se (1897 – 1961) ont­werp en is in 1930 voltooi. Die prins was des­tyds die I­ta­li­aan­se am­bas­sa­deur in Suid-A­fri­ka en dit was die am­bas­sa­deurs­huis so­wel as die ge­sant­skap.

Die bin­ne­ver­sie­ring weer­spie­ël dié van 18de-eeu­se Ve­ne­sië en is deur die Ve­ne­si­ër An­ge­lo Za­nio ge­doen. Dit is heer­lik om die oor­da­dig ver­sier­de meu­bels en kuns­wer­ke te be­sig­tig en ’n glimps te kry van ’n ver­vloë wê­reld van prag en praal.

Casa La­bia is in 1985 deur graaf Na­ta­le La­bia aan die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Ga­le­ry ge­skenk ter na­ge­dag­te­nis aan sy ou­ers.

NAVRAE Casa La­bia – Hoof­straat 192, Mui­zen­berg, e­vents@ ca­sa­la­bia.co.za 021 788 6068;

Cucina La­bia cu­ci­na­la­bia@dishfood. co.za 021 788 6062; Ga­le­ry gal­le­ry@ ca­sa­la­bia.co.za 021 788 6068

WAAR HET RHODES GESTERF?

Ná die land­wye #R­ho­desmust­fal­l­be­to­gings ver­le­de jaar op ons u­ni­ver­si­teits­kam­pus­se weet al­mal op­nuut van die B­rit­se ko­lo­ni­a­lis Ce­cil John Rhodes en die stem­pel wat hy op Suid-A­fri­ka af­ge­druk het. As jy lief is vir ge­skie­de­nis, is Rhodes Cot­ta­ge in Mui­zen­berg, ’n skil­der­ag­ti­ge kot­huis en nou ook mu­seum – eens Rhodes se va­kan­sie­huis – vir se­ker ’n be­soek werd. Dít is ook waar hy sy laas­te dae span­deer het. Hy is in 1902 in die ou­der­dom van 49 daar aan tu­ber­ku­lo­se dood. Ge­denk­waar­dig­he­de soos ’n ver­sa­me­ling foto’s, koe­rant­knip­sels en die hout­kis waar­in hy sy be­sit­tings uit En­ge­land na Suid-A­fri­ka ge­bring het, kan hier ge­sien word. Ver­lus­tig jou in die sjar­man­te tuin se Kaap­se fyn­bos. NAVRAE Rhodes Cot­ta­ge – Hoof­weg 246, Mui­zen­berg,

021 788 1816

KUI­ER IN KUBA

As jy nie geld het vir ’n reis na Ha­va­na nie, be­soek die re­stau­rant Ca­pe to Cu­ba in Kalk­baai. Rook ’n paar si­ga­re on­der die staar van die Ku­baan­se vry­heids­veg­ter Che Gu­e­va­ra wat pronk op ’n af­druk teen een van die mu­re, drink ’n mo­ji­to, ont­span . . .

“Ca­pe to Cu­ba is een van my guns­te­ling-kui­er­plek­ke in die so­mer. Die re­stau­rant se vloer is see­sand – dit voel kom­pleet as­of jy ie­wers in La­tyns-A­me­ri­ka by ’n kroeg sit en kui­er. Die de­kor is baie tra­di­si­o­neel aan Kuba – kleur­ryk, en die kroeg is die fo­kus­punt. Daar heers ’n vi­bey at­mos­feer, dik­wels met men­se wat op­tree, baie soos dié van die Ku­baan­se mu­siek­groep Bu­e­na Vis­ta So­ci­al Club,” sê Ta­nya Fou­rie, voor­heen kos­re­dak­teur van SARIE.com.

Sy son­der ver­al hul ske­mer­kel­kies uit, soos die ment-mo­ji­to – dis van rum, sui­ker, so­da­wa­ter en ment­bla­re.

Die kos word deur www.food24. com be­skryf as “bie­tjie ou Ha­va­na en lan­de­lik”, met Ka­ri­bie­se on­der­to­ne. NAVRAE Hoof­weg 165, Kalk­baai, 021 788 1566

SNUFFEL KALK­BAAI SE HOE­KIES UIT

Lus om din­ge ’n slag an­ders te doen?

“Ek en ’n paar vrien­din­ne het een son­ni­ge Sa­ter­dag­og­gend op die trein op die sui­de­li­ke lyn ge­spring. Ons het om 08:50 van die Kaap­se sta­sie ver­trek en was om 09:40 in Kalk­baai Ons het be­gin stap – eers op die ha­we­muur, en toe het ons die dor­pie ver­ken. Daar­na het ons by die ha­we ge­smul aan Lucky Fish and C­hips se stok­vis (wat boon­op ons stu­den­te­beur­sies ge­pas het) en die res van die dag op

St. Ja­mes­strand rond­ge­lê,” ver­tel Jo­an van Dyk, ’n hon­neurs­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Ver­lus­tig jou in die mag­dom an­tiek­win­kels, kof­fie­plek­ke en die O­lym­pi­a­bak­ke­ry (langs die O­lym­pia-ka­fee en de­li), be­kend (ver­al!) vir sy vars ci­a­bat­ta-brood.

In­dien jy lief is vir see­kos en hou van ’n re­stau­rant teen­aan die see en die mooi­ste uit­sig op die o­se­aan, maak ge­rus ’n draai by The Brass Bell, waar die gol­we teen die mu­re klots – reeds ’n in­stel­ling op dié dorp.

Vir boek­wurms is Kalk Bay >

Ca­pe to Cu­ba

< Books met sy mond­wa­ter-groot ver­skei­den­heid boe­ke ’n moet. NAVRAE

O­lym­pia Café & De­li: Hoof­weg 134, Kalk­baai, 021 788 6396, in­fo@o­lym­pi­a­ca­fe.co.za

Kalk Bay Books: Hoof­weg 124, Kalk­baai, books@kalk­bay­books. co.za

The Brass Bell: Hoof­weg, Kalk­baai, 021 788 5455

HALLO, PIK­KE­WYN

Die A­fri­ka-pik­ke­wyn is ’n be­dreig­de spe­sie, maar by Boul­ders­strand in Si­mon­stad kan jy ’n ko­lo­nie van so­wat 2 000 te sien kry. Die strand is deel van die Ta­fel­berg Na­si­o­na­le Park se be­skerm­de ma­rie­ne ge­bied en toe­gangs­geld word ge­vra om die ge­veer­des in hul di­a­ken­pak­kies te be­sig­tig. San­par­ke hou streng toe­sig om te ver­se­ker dat stran­de en ge­rie­we net­jies en skoon is en die stran­de is sel­de oor­vol. ’n Paad­jie is ge­bou wat be­soe­kers op ’n in­tie­me toer neem waar jy die pik­ke­wy­ne van na­der­by kan dop­hou. Foxy-strand, ’n kort stap­pie van Boul­ders, bied die bes­te uit­kyk­punt op die pik­ke­wy­ne. Die hout­paad­jies is rol­stoel­vrien­de­lik.

O­det­te Ho­well, fo­to­graaf en tuis­bly-ma van Kom­me­tjie, sê sy is dol daar­op om die rock s­tars van die strand, pik­ke­wy­ne, saam met haar kin­ders, Lu­cas (3 in Sep­tem­ber) en O­li­ver (nou 7 maan­de) te ge­niet. “Dit is so lek­ker om by Boul­ders met die pik­ke­wy­ne te chill. As jy ge­luk­kig is, woerts-warts hul­le ver­by jou. Lu­cas se eer­ste keer daar was snaaks. Hy was een jaar oud en het ’n sag­te speel­goed-pik­ke­wyn vas­ge­hou. Toe hy die eer­ste pik­ke­wyn sien, skrik hy so groot, hy tik die reg­te een met die speel­goed-een!” lag O­det­te.

DIE MEES SUID­WES­TE­LI­KE PUNT VAN A­FRI­KA

Kaap­punt, wat die vuur­to­ring en Di­as­strand in­sluit, is van die ge­wild­ste be­siens­waar­dig­he­de en is deel van die Ta­fel­berg Na­si­o­na­le Park.

Dit is een van die plant­ryk­ste ge­bie­de ter wê­reld – net 60 km van Kaap­stad af – en baie be­skou Kaap­punt as die sa­me­loop van die At­lan­tie­se en In­die­se O­se­aan. (Dié twee o­se­a­ne ont­moet ge­o­gra­fies eint­lik by Kaap A­gul­has.) Vol­gens veld­wag­ter Ma­ri­sa de Kock huis­ves dié ge­bied by­na 20% van A­fri­ka se flo­ra. “Dit is e­ni­ge fo­to­graaf se droom, met die so­wat 1 100 in­heem­se plant­spe­sies.” Groot bok­ke, soos e­land en rooi­hart­bees, of klei­ner spe­sies soos die vaal­rib­bok, klip­sprin­ger, grys­bok en dui­ker kom ook hier voor. “Ook vol­strui­se, die Kaap­se berg­se­bra, bob­be­ja­ne en rooi­kat­te, ot­ters, sil­wer­vos­se, muis­hon­de, ys­ter­var­ke en mus­kel­jaat­kat­te.”

Vir een van die mees a­sem­be­ne­men­de uit­sig­te kan jy kies of jy wil op­stap na die vuur­to­ring of die V­lie­ën­de Hol­lan­der-ka­bel­kar daar­heen wil neem.

Dit is ook ’n droom­plek vir ak­tie­wes, wat hier kan ka­jak, sku­ba­duik­plek­ke ont­gin, berg­fiets ry en ve­le stap­roe­tes kan ver­ken. Soos Ger­rit Del­port, ’n on­der­wy­ser van die Kaap, sê: “As ek en my vrou, Lu­cel­le, SARIE se we­bre­dak­teur, Kaap­punt be­soek, kan ons nie uit­ge­praat raak oor die kus­lyn en ver­al die bran­ders nie. Ek neem ho­pe foto’s en ons ver­ken graag een van die ve­le stap­roe­tes wat tus­sen 2 en 7 km lank is. Be­hal­we vir das­sies en bob­be­ja­ne, is daar ’n kans dat jy die Kaap­se berg­se­bra en bok­ke soos klip­sprin­gers, steen­bok­kies of selfs ’n e­land kan sien. En dan saal ons ge­woon­lik af by ’n be­skut­te hoe­kie op Di­as­strand. Dis lek­ker stil en in­tiem, i­de­aal vir ’n piek­niek.”

Sou jy lus wees vir ’n vyf­ster-ete, oor­weeg ’n wê­reld­klas-maal­tyd by die Two O­ce­ans-re­stau­rant met ’n skou­spel­ag­ti­ge uit­sig oor Vals­baai . . . NAVRAE Kaap­punt 021 780 9010, in­fo@ca­pe­point.co.za, www.twit­ter. com/ca­pe­point­sa, www.fa­ce­book. com/ca­pe­point­sa

GALOP MET DIE WIND IN JOU HARE

“Voel die sproei van die bran­ders en ruik die vars see­lug. Er­vaar die ein­de­loos­heid en e­wig­heid van ’n lang strand wat voor jou uit­strek, by­na soos om op ’n wolk te sweef. Om perd te ry op die strand laat die le­wens­lus deur jou are tin­tel en jou ver­geet van e­ni­ge be­kom­mer­nis,” ver­tel Lie­sl Roodt, SARIE-teks­re­dak­teur.

Daar is ’n he­le paar perdrys­ko­le na­by Noord­hoek. As jy lus is om dié om­ge­wing te perd te ver­ken, pro­beer ge­rus die Im­hoff-perdry­sen­trum (wat deel vorm van die Im­hoff-plaas) op Kom­me­tjie en huur ’n perd on­der toe­sig. D­rie rit­te langs die 8 km lan­ge Noord­hoek-strand (teen R500 per per­soon) met sy spro­kies­mooi na­tuur­to­ne­le word daag­liks aan­ge­bied. (Geen kin­ders jon­ger as 12 nie; geen rui­ters swaar­der as 95 kg nie.) NAVRAE horse­ri­ding.co.za;

082 774 1191

KOS-UITSTAPPIE NA NOORD­HOEK

“Dit is een van dié lek­ker­ste uit­stap­pies nóg. By The Farm Vil­la­ge Noord­hoek kry jy van ’n vol­ge­pak­te de­li met al­ler­lei pro­duk­te vir smul­pa­pe tot ’n fyn­proe­wers­re­stau­rant,” ver­tel Lounette en Anita. Dié kui­er­plek, ver­al ge­skik vir fa­mi­lies en vrien­de, is so­wat ’n half­uur se ry van die Kaap.

Daar is vyf re­stau­ran­te, ’n leef­styl­ho­tel, ou­li­ke win­kel­tjies om in rond te snuffel, ’n spa en baie oop ruim­tes – wat dit kin­der­vrien­de­lik maak.

Een van dié re­stau­ran­te, The Food­barn, waar be­kroon­de sjef

Franck Dan­ge­reux die sep­ter swaai, is be­kend vir sy fyn­kos in ’n ge­moe­de­li­ke, rus­tie­ke skuur. Ver­lus­tig jou in al­ler­lei in­te­res­sant­he­de in The Food­barn De­li en sui­ker daar­na af na The To­ad Pub, die plaas­li­ke kroeg, ook be­kend vir sy heil­sa­me kos. Jy sal nie spyt wees ná ’n be­soek aan al dié lek­ker­tes nie.

NAVRAE

The Farm Vil­la­ge, Noord­hoek: h/v Vil­la­ge-laan en Hoof­weg

The Food­barn-re­stau­rant:

021 789 1390

The Food­barn De­li: 021 789 1966 The To­ad in The Vil­la­ge:

021 789 2973

Kaap­punt

Die af­ge­leë Di­as­strand by Kaap­punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.