Wel­kom by W­ha­le Hou­se

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S HENK HATTINGH

Ons stop vroeg­og­gend op ’n hel­der win­ters­dag voor W­ha­le Hou­se op Si­mon­stad om in dié be­koor­li­ke va­kan­sie­huis te kom kui­er. Op die stoep wag ’n bank met op­ge­pof­te kus­sings ons in; net oorkant die straat wieg die palm­bo­me en wink die strand

Meer as 100 jaar ge­le­de, in 1900 tot 1901, is dié huis hier staan­ge­maak vir wer­kers van die Sir John Jack­son­maat­skap­py wat die vloot­ba­sis se skeeps­werf ge­bou het. Wal­vis­been­de­re is vir die oor­spronk­li­ke hei­nings en hek­kies ge­bruik, want daar was des­tyds (van 1806 tot 1935) ’n groot wal­vis­jag­be­dryf in dié om­ge­wing, ver­tel El­ma­rie Ho­rak, wat die W­ha­le Hou­se be­stuur en be­mark.

Dié wer­kers­huis is ’n paar jaar ge­le­de ge­re­stou­reer. Bin­ne is die he­le huis, ook die swaar stut­bal­ke, spier­wit ge­verf om die groot oop ruim­te en ar­gi­tek­to­nie­se ly­ne te ak­sen­tu­eer. Die kom­buis is ge­mo­der­ni­seer, maar het ’n be­slis­te nos­tal­gie­se ge­voel – wan­neer jy daar in­stap, ver­beel jy jou jy ruik vars­ge­bak­te brood. On­der is twee slaap­ka­mers, elk met sy eie bad­ka­mer. Bo is ’n ruim slaap­ka­mer met ’n pri­va­te sit­ka­mer en ’n bad­ka­mer.

KOM­BUIS IN DIE OGGENDSON

Vroeg­og­gend stroom sag­te lig die kom­buis bin­ne. Hier wil jy lank om die kom­buis­ta­fel kui­er met sto­men­de kof­fie en ’n sny­tjie pa­pa­wer­saad­koek. Die kom­buis is in­ge­rig met los kas­te en ’n lang werk­ta­fel, en net en­ke­le in­ge­bou­de kas­sies (ag­ter die ta­fel). Die vloer is van duur­sa­me ter­ra­cot­ta-te­ëls. Be­lê in Plan­ta­ti­on S­hut­ters se vei­lig­heids­hort­jies.

KOM RUS ’N BIE­TJIE

Die en­kel­bed in die leef­ver­trek is nie net ’n ek­stra slaap­plek nie, hier kan jy jou ook ná mid­dag­e­te lek­ker uit­strek.

IN DIE GANG

(bo regs)

Aan hier­die lang, een­vou­di­ge kap­stok in die gang hang ek­stra op­vou­stoel­tjies – ’n s­lim bê­re­plek.

GOLF VAN BLOU

In een van die on­der­ste slaap­ka­mers is ’n he­mel­bed met lin­ne oor die kap ge­dra­peer. Die dra­peer­sel her­haal die golf­pa­troon van die bed se kop- en voet­stuk. Die ko­raal-en-wit stre­pieslamp­skerms gee ’n ek­stra tikkie kleur. Op die vloer is ’n duur­sa­me sisal­mat. Be­soek

Ro­w­ley & Hug­hes vir soort­ge­ly­ke mat­te. Kies die bes­te ge­hal­te du­vets en kus­sings met ve­re of dons van Gran­ny Goo­se vir jou bed.

VAAR SAAM

Die mo­del­boot het ’n e­re­plek voor die ven­ster wat op die bin­ne­hof uit­kyk.

’N NOS­TAL­GIE­SE BAD­KA­MER

’n Ou buf­fet is wit ge­verf en doen nou diens as ’n ruim bad­ka­mer­kas waar­in die doel­ge­maak­te was­bak ver­sink is. Die bo­kant van die kas is af­ge­haal en teen die muur ge­mon­teer vir ’n bad­ka­mer­spie­ël. Die poot­jies­bad is die per­fek­te keu­se hier­by en die hand­doek­leer is ’n ver­ras­sings­e­le­ment.

Iets uit die na­tuur, soos blom­me of bla­re in ’n in­te­res­san­te vaas ge­rang­skik, saam met ’n prent of skil­de­ry, ’n or­na­ment of twee – of ’n boek – en sag­te lig wat deur ’n oop ven­ster in­stroom, s­kep ’n mooi ta­fel­land­skap.

Boul­ders­strand se pik­ke­wy­ne

Hoof­weg, Si­mon­stad Foto Ma­ry­ke Ho­ward

DÍT SÊ SI­MON­STAD Die huis se voor­kant is so ken­mer­kend van his­to­rie­se Si­mon­stad.

Boul­ders­strand

Si­mon­stad se ha­we FOTO Ma­ry­ke Ho­ward

Wit ge­verf­de hout­bal­ke ver­nu­we die ver­trek.

RUIM EN GESELLIG Met die in­trap­slag is jy in hier­die groot, warm ver­trek met sy e­klek­tie­se ver­sa­me­ling meu­bels. In die hoek regs is ’n Fran­se bed waar­op jy ’n mid­dag­sla­pie kan ge­niet. Die an­tie­ke kof­fie­ta­fel en stoel leef ge­mak­lik saam met twee...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.