Sarie Woon

Ander lekker dinge op Roete 62

-

Die Affie Plaas-padstal lê tussen Worcester en Robertson. As jy hou van droëwors, biltong, vrugte en daardie outydse gelukspakk­ies vir die kinders, is dit net die plek vir jou. Of dalk wil jy net ’n bietjie bene rek en asemskep oor ’n koppie sterk koffie by die restaurant. Navrae: 023 626 4567. In die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin op Worcester, met die Hexrivierb­erge op die agtergrond, is daar ’n interessan­te verskeiden­heid vetplante. Dit is die ideale plek vir die gesin om piekniek te hou, voëls te kyk of ’n maaltyd in die Kokerboom-restaurant te geniet. Daar is ook kort en langer staproetes om te verken. Navrae: 023 347 0785; www.portfolioc­ollection.com Roete 62 se wynroete word beskou as die langste ter wêreld. Kry ’n paar “watergate” by kindervrie­ndelike plase soos Bon Courage en Viljoensdr­ift. As jy in Junie in Robertson se omgewing is, probeer gerus die Wacky Wine Weekend.

Ronnie’s Sex Shop, naby Barrydale, ook bekend as een van die vreemdste kroeë in Suid-Afrika, is iets heel anders.

Die kinders sal grinnik (as hulle oud genoeg is), maar wat jou inwag, is niks ergers as graffiti teen die mure en onderklere wat van die dak hang. Dit is ’n gewilde rusplek vir motorfiets­ryers. Jy kan selfs daar braai en plaaslike inwoners ontmoet, terwyl die spyskaart ’n klein verskeiden­heid kroegetes bied en die yskaste ’n groot verskeiden­heid vloeistof. Navrae: 028 572 1153; ronnie@ronniessex­shop.co.za; ronniessex­shop.co.za Die roete loop byna die hele pad deur skaapwêrel­d.

Koop baie skaapvleis. In seisoen is springbok ook beskikbaar, sê Gert Lubbe van die Montagu Country Hotel.

Die Sanbona-natuurrese­rvaat naby Ladismith is beslis ’n besoek werd as jy belangstel in ’n erfenistoe­r oor die inheemse Sankultuur. As jy baie gelukkig is, kan jy die enigste “vrylopende” wit leeus ter wêreld ook hier sien.

Is kaas jou ding? Op Bonnievale kan jy van die lekkerste kaas in die land kry. Die Parmalat-fabriek hier het al verskeie internasio­nale bekronings soos die 20 Keys-bronstoeke­nning vir doeltreffe­ndheid losgeslaan. www.bonnievale­tourism.com

Meerkat Magic, ’n reservaat net buite Oudtshoorn, spits hom toe op navorsing oor meerkat-gewoontes. Besoekers kan op begeleide toere gaan en selfs leer hoe dié diere kommunikee­r. Navrae: 044 272 3077; www.meerkatmag­ic.com

Voer self olifante by die Buffelsdri­ft-natuurrese­rvaat net buite Oudtshoorn – daar is ’n paar reuse-olifante met wie jy kan “skouer skuur”. Voer ’n ou grote vrugte en voel die growwe tekstuur van sy huid, krap agter sy flapore en sit op sy knie! Navrae: 044 272 0106; info@buffelsdri­ft.com

Bronne: www.roomsforaf­rica.com/art/10_things_route62 en www.route62.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa