Sarie Woon

30 KYK WIE IS

Dit wil gedoen wees om 30 jaar ’n markleier in jou veld te wees. Dit is presies wat die ikoniese winkel Block & Chisel reggekry het. Van een klein winkel in ’n inkopiesen­trum tot ’n paar reusewinke­ls in Kaapstad en die afgelope paar jaar ook in Johannesbu

-

Die welslae van hierdie ondernemin­g is sekerlik te danke aan die eienaars wat sedert dag een met die grootste toegewydhe­id hul winkels bedryf.

Sibley en Lynn McAdam skryf hul sukses daaraan toe dat hulle nog nooit hul passie vir die dekorbedry­f verloor het nie, en hul buitengewo­ne uithouverm­oë.

Block & Chisel is ook baie kliëntgedr­ewe. Die kliënt voel betrokke by die hele ontwerppro­ses, want jy kan self die materiaal, kleur en afwerking kies.

Sibley is die brein agter meeste van die ontwerpe en sy span van 36 vaklui – manne en vroue – is net so toegewyd soos die McAdams.

Vir Sibley en Lynn was dit 30 jaar van ontdek en groei. “Ons skryf so baie van wat ons bereik het toe aan ons span spesialist­e wat hierdie besonderse meubels maak, saam met ons handelsmer­k vorentoe beweeg en nie skrik vir ’n uitdaging nie. Ons is gelukkig om dit ’n familieond­erneming in die ware sin van die woord te kan noem. Ons seun en dogter, Paul en Susan, is nou betrokke en lewer nuwe, vars en moderne insette.”

Sibley het ook in 2016 sy eerste solo-kunsuitsta­lling gehou en sowat 60 van sy skilderye hang in die nuwe Silo-hotel, langs die Zeitz MOCAA-kunsmuseum in die V&A Waterfront (sien ook bl. 16).

 ??  ?? Lynn en Sibley McAdam
Lynn en Sibley McAdam
 ??  ?? Inspirasie­uit se dieMcAdams Karoo-huisnaby Ladismith
Inspirasie­uit se dieMcAdams Karoo-huisnaby Ladismith
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa