Sarie Woon

’N STUKKIE SKANDINAWI­Ë

In die hartjie van die Klein-Karoo, in die middel van nêrens, staan hierdie huis met sy mooi skoon lyne en Skandinawi­ese interieur. Perfek een met die landskap. Hier, naby Ladismith, het Bernhard en Salomé Teuteberg vir hulle ’n wegbreekpl­ek kom koop

- foto’s HENK HATTINGH

Sowat ’n jaar gelede het die Teutebergs rus-rus deur die Klein-Karoo gery. Salomé, wat oorspronkl­ik van Namibië is, het ’n sagte plek vir hierdie landskap, want dit herinner haar aan haar heimat. Dit was hulle albei se begeerte om nog eendag ’n klein Karoo-plasie te besit, en toe hulle op Mooseberg afkom, was daar nie keer nie. Dit is ’n private wildreserv­aat met plotte van sowat 170 hektaar. Een van die huise was toevallig in die mark en dit was liefde met die eerste oogopslag. Die argitek Pietro Russo (www.ecomohome.com) het die huis ontwerp, laat bou en self ’n lang ruk daar gewoon. Die egpaar is albei baie omgewingsb­ewus en een van die grootste trekpleist­ers was dat die huis heeltemal ekovriende­lik is. Opgaarwate­r word vir huis en tuin gebruik en sonkrag verskaf elektrisit­eit. Die Grootrivie­r loop vlak by die huis verby en die uitsig is onbeperk en beeldskoon.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa