Sarie Woon

PLEK IN DIE BERGE

Net 7 km buite Robertson lê Die Laaitjie. Dié pragplaas van Mark Borrie en Simon Olding nestel in die kleinste en laaste van die Dassies hoek valleie in die Langeberg. Deel van die mooi is die bergpad soontoe!

- foto’s HENK HATTINGH

Di e Laaitjie is die lieflingva­kansieplaa­s van

Simon Olding en Mark Borrie. Simon, ’n oudStellen­bosser, het lank in Engeland gewoon, waar hy Mark ontmoet het. In 2004 het hulle besluit om terug te kom en hul ander eiendom, Hawksmoor House (www.hawksmoor. co.za), te kom restoureer en vestig. Met dié projek afgehandel, het hulle Die Laaitjie (www.dielaaitji­e. co.za) gekoop as ’n plek van rus en kalmte vir hulle. Simon, ’n kenner van antiekware, het vroeg reeds besef dit is goedkoper om in Engeland oudhede te koop en Hawksmoor en Die Laaitjie is met ’n vraghouer vol ware daarvandaa­n gemeubilee­r. Die twee gaan met elke moontlike geleenthei­d plaas toe waar hulle heerlik rus, kuier en onthaal. Hulle vertel veral in die lente is dit ’n asemrowend­e gesig wanneer die 25 hektaar vrugtebome blom. Buiten vrugte produseer die werkende plaas van 330 hektaar ook wyn. Daar is staproetes, jy kan bergklim of perdry, of net die prag van die rivier met sy watervalle en ravyne geniet.

Jy kan net “wees” langs die rivier wat vlak by die huis verbyvloei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa