Sarie Woon

’N GROOTSE ERVARING

Om by The Robertson Small Hotel oor te bly is soos om in die skoot van salige bederf te val. Alles wat jou hart begeer, is daar en bied ’n wonderlike sintuiglik­e ervaring – van die besonderse dekor, luukse kamers, vriendelik­ste personeel en pragtuin tot d

- foto’s HENK HATTINGH

Die mooi Victoriaan­se herehuis is om en by 1909 gebou en in 2011 in hierdie lieflike hotel omskep.

Abigail Rands, mede-eienaar, het die taak onderneem om

The Robertson Small (www.theroberts­onsmallhot­el.com) te herontwerp en herbeplan. Sy wou nie die unieke karakter en huislikhei­d prysgee nie en het saam met die binneontwe­rper

Sophie Ashby van Studio Ashby in Londen gewerk.

Dit was vir Abigail belangrik om soveel as moontlik van plaaslike ontwerpers en kunstenaar­s gebruik te maak. Michael Chandler het die taak gekry om die mooi teëls in die kroeg te ontwerp, en die fauna en flora uit die omgewing was die inspirasie vir die tekstielon­twerper Alexis Barre l l, wie se materiale vir die meubels gebruik is. Van die meubels is deur Bofred gemaak. Aandag is aan fyn detail gegee, soos die sleutelhou­ers vir jou kamerdeur juweliers ontwerper Pichulik.

Ook op die kulinêre front word nie afgeskeep nie. Etes is ’n hemelse ervaring en die personeel laat elke gas voel hy of sy is die belangriks­te. Al bly jy nie oor nie, gaan ontspan op die diep stoep of drink iets in die dromerige kroeg as jy Roete 62 langs ry. Of besoek hul spa vir ’n eersteklas-bederf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa