’N HUIS WAT BLOM

Jo­hann en Ge­ra de Wet is die vol­gen­de ge­ne­ra­sie wat op die spog-wyn­land­goed De Wets­hof in die Ro­bert­son-dis­trik boer. Hier het Ge­ra vir hul­le die mooi­ste huis kom in­rig

Sarie Woon - - ONS INSPIRASIE - fo­to’s HENK HAT­TINGH

Jo­hann en Ge­ra kom al van skool­dae af aan. Hul­le het op buur­pla­se groot­ge­word en die fa­mi­lies ken me­kaar goed. Ná skool het Ge­ra kuns op S­tel­len­bosch gaan stu­deer en toe ’n na­graad­se kur­sus in Re­nais­san­ce-kuns en tuin­ont­werp in I­ta­lië vol­tooi. Sy het daar­na ’n ruk lank in Kaap­stad in die tyd­skrif­be­dryf ge­werk, maar al­tyd ge­weet sy wil een­dag te­rug plaas toe.

Ná hul troue het hul­le een van die hui­se op die plaas na hul smaak in­ge­rig. Hier het Ge­ra­se fyn oog goed te pas ge­kom. Nie net het sy vir e­le­gan­te dekor ge­sorg nie, maar ook self in­ge­spring om din­ge te doen, soos die voor­por­taal­muur wat sy en haar tan­te Ne­lia du Toit be­skil­der het. Ge­ra is ook wyd be­kend vir die lief­li­ke blom­me­rang­skik­kings wat sy doen, ’n ta­lent wat sy van haar ma, Han­li S­muts, ge­ërf het. Sy het ook ’n aan­lyn gra­fie­se­ont­werp-on­der­ne­ming vir mooi skryf­be­hoef­tes en in­te­ri­eur­ont­werp (www.ge­ra­de­wet.co.za).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.