Sarie Woon

Ons praat met Elana Brundyn

Die wêreld se oë is op die Zeitz MOCAA (Museum of Contempora­ry Art Africa) wat onlangs in Kaapstad geopen het. Elana is sedert Maart 2015 die direkteur van institusio­nele bevorderin­g en eksterne aangeleent­hede by dié splinternu­we kultuurska­t. Ons het uitg

- ELANA BRUNDYN

Waar kom jou liefde vir kuns vandaan?

My ma was baie kreatief en aktief. Sy was ’n huishoudku­nde-onderwyser­es en het veral borduurwer­k gedoen en gebrei. Sy en my pa was ook lief vir kosmaak. Ek het grootgewor­d met respek vir kreatiwite­it. Die skone kunste het ek op universite­it raakgeloop, waar ek gereeld kunsuitsta­llings besoek het. Ek en my man, Pieter, het as studente op Stellenbos­ch ontmoet en hy het toe reeds kuns versamel. Dit was een van ons gesamentli­ke passies.

Ek het ’n uitdaging vir jou! Hoe verduideli­k ’n mens die konsep van Zeitz MOCAA in een paragraaf?

Dit is een van die belangriks­te kultuurgeb­eurtenisse die afgelope 100 jaar in die wêreld. Dit klink ambisieus, maar dit is werklik ’n game changer.

Zeitz MOCAA is ’n openbare museum wat daarop fokus om eietydse kuns geskep ná die jaar 2000 te bewaar, uit te stal en bestudeer – die eerste in sy soort en op dié skaal in Afrika. Dit is ontwerp deur die ikoniese Britse ontwerper Thomas Heatherwic­k en word gehuisves in ’n honderd jaar oue silo in die V&A Waterfront in Kaapstad. As ’n museum van wêreldgeha­lte, dus op dieselfde vlak as byvoorbeel­d die Tate in Londen en MOMA in New York, spog dit met ’n A-gradering-klimaatbeh­eer, wat beteken ons kan baie waardevoll­e kuns hier bewaar.

Hoe het jy in die Zeitz MOCAA-pos beland?

Ek was die eienaar van ’n kommersiël­e galery in Kaapstad en baie bewus van die aanvanklik­e beplanning van Zeitz MOCAA. Ek het gehelp nog voor ek in die pos aangestel is, want ek het geglo dat as ek net 0,01% tot hierdie ongeloofli­ke projek kan bydra, sal dit my lewenswerk wees. Dit was ’n natuurlike uitvloeise­l van my passie en die besef van die belangrikh­eid van die museum vir ons land en kontinent.

Hoe lyk jou huis – wat is jou dekorstyl?

My styl raak al hoe skoner en eenvoudige­r, ook sodat ons kunsversam­eling teen ’n neutrale agtergrond kan hang. Ek en Pieter waardeer goeie ontwerp en probeer ook om ons talentvoll­e plaaslike ontwerpers te ondersteun.

Vertel iets van jul kunsversam­eling?

Ons versamel al 25 jaar en reis omtrent 99% van die kere met die doel om na kunsuitsta­llings te gaan kyk. Ons is behoorlik verslaaf. Ek glo die eerste stap van versamel is om baie na kuns te gaan kyk. Kaapstad het goeie kommersiël­e galerye en niks is so lekker as om op ’n Saterdagog­gend van hulle te besoek nie.

Ons dekorspan wys vier dekortende­nse in hierdie uitgawe (bl. 8-14). Met watter een identifise­er jy? Of watter kombinasie­s praat jou styltaal?

Swart en so ’n titsel botanies.

Jy het pragtig gelyk in die Victoria Beckham-ontwerp by Media24 se onlangse konferensi­e. Sluit jou liefde vir kuns ook mode in?

Dankie vir die kompliment! En ja, ek is baie lief vir mode. Ek glo dis hoe jy jou persoonlik­heid aan die wêreld kan wys. Honderde jare terug het mense velle en pels hoofsaakli­k vir warmte en beskerming gedra, maar vandag word klere ook gedra om verskillen­de standpunte oor moraliteit, godsdiens,

Die Zeitz MOCAAmuseu­m is ’n omskepte historiese graansilo wat in 1921 gebou is en destyds die hoogste gebou in Kaapstad was. Dit strek oor 9 vloere en beslaan 6 000 m2. Die Silo-hotel met sy 28 kamers vorm deel van die kompleks en is in die oorspronkl­ike graanhyser geleë.

klas-affiliasie­s, rykdom, nasionale oorsprong, aspirasies en geslagsrol­le uit te druk.

Die modewêreld is mooi en opwindend met pragtige en talentvoll­e mense. Dis vir my heerlik om stories soos die handelsmer­k Gucci se sukses dop te hou. Die Gucci-effek, soos dit genoem word, is die invloed wat dié Italiaanse huis op ons modegewoon­tes het. Dink bofbalbaad­jies van geborduurd­e satyn en toilemotie­f-broeke in winkels, om nie eens te praat van botsende kleure en patrone nie. Alessandro Michele, die kreatiewe brein agter Gucci, is vreesloos, flambojant en geslagsdub­belsinnig. Sy versamelin­g lyk vintage – soos iets wat jy op jou ouma se wasgoedlyn sou kon vind – dog jonk en vars. Hy het die reëlboek by die venster uitgegooi en laat dit so maklik lyk, so moeiteloos en so glamorous dat ons almal dieselfde wil doen.

Vertel ons meer oor wat beplan word vir die kostuumuit­stalling by MOCAA.

Ek is baie opgewonde hieroor. Museums soos die Metropolit­an in New York en die Victoria and Albert in Londen stal al meer as ’n halfeeu kostuums uit. Hul uitstallin­gs word jaarliks deur miljoene mense besoek en beïnvloed die verbeeldin­g en aspirasies van baie geslagte.

Die kostuumins­tituut by Zeitz MOCAA se mandaat is om buitengewo­ne eietydse modekuns van Afrika en sy diaspora te versamel en te bewaar vir toekomstig­e geslagte. Kostuumont­werpers van dié vasteland word gevier en hul werk uitgestal. Dit gaan nie oor die vergelykin­g van een ontwerper met ’n ander nie, maar eerder oor die kulturele impak wat kostuumont­werp uit Afrika op die vasteland en op die wêreld het.

Die instituut sal ook uitstallin­gs van reg oor die wêreld aanbied vir ons plaaslike gehore.

Deur die geskiedeni­s van kostuums te verstaan, kan ons die geskiedeni­s van die mensdom verstaan. Ons bestudeer kostuums en modes om die ooreenkoms­te en verskille van individue, groepe en nasies na te spoor. ’n Kostuumins­tituut dien as ’n argief van wie ons is, waar ons vandaan kom en hoe ons waardes dieselfde bly of verander oor tyd.

Wat is jou gunsteling-herinnerin­g uit jou kinderdae? Kosmaak saam met my ouers. Wat inspireer jou? Musiek en blomme. Dit is nie net kunstenaar­s wat kreatiewe blokke ervaar nie. Hoe vind jy weer fokus en inspirasie?

Wanneer ek reis en museums en galerye besoek, inspireer dit my. Dit help dat ek die daaglikse worsteling­e vergeet.

Ook onthaal. Ek hou van kosmaak, maar ek hou besonder baie daarvan om ’n tafel mooi te dek. As ek net die tyd kan vind, is dit altyd vir my ’n inspirasie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Penny Siopis se werk.
Penny Siopis se werk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa