Kombuise wat werk
Met leefruimtes wat kleiner word, is kombuise meer as ooit die fokuspunt. Dis hier waar almal bymekaar kom en nie meer slegs ’n plek vir kook nie. Buiten dat jou kombuis prakties moet werk, moet dit ook veeldoelig wees
LANDELIK EN PRAKTIES Die argitek Jan Desseyn se kombuis (sien sy huis op bl. 38) is sentraal in ’n hoek langs die leefarea ingerig, met deure wat lei na die stoep. Langs die een muur is alles wat nodig is – skottelgoed masjien, wasbak en stoof. ’n Klerekas vervang kombuiskaste en bied oorgenoeg bêreplek. Die yskas is links langs dié kas. ’n Kroonkandelaar en uitstalrakke vol mooi goed verleen swier.