Sarie Woon

Hettie se grootwordh­uis

Almal wat al langs Roete 62 gery het, ken die stalletjie met pampoene vlak langs die pad, net buite Worcester. Hier, by Hettie en Hennie Viljoen van die Pampoenpad­stal en die plaas Memel, het ons ’n heerlike dag deurgebrin­g

- foto’s HENK HATTINGH

Memel is al ’n paar geslagte in Hettie se familie. Gelukkig het sy getrou met Hennie Viljoen, ’n man met boerdery in sy bloed. Toe die geleenthei­d hom voordoen, was dit dus vir hulle ’n maklike besluit om plaas toe te trek. Dit is ’n gemengde boerdery, maar almal ken dit as die Pampoenpla­as. En nee, hulle is nog nie moeg vir pampoene nie. Aan die een kant van die huis is die mooiste pampoene van byna elke variëteit, kleur en grootte. Jou mond water sommer vir pampoenkoe­kies.

Min is aan die huis verander en Hettie het dit pragtig gerestoure­er toe hulle plaas toe gekom het. Hul kinders is al groot en sy is baie betrokke by die bewaarskoo­l wat sy vir plaaskinde­rs begin het. Sy help ook met die administra­sie van die boerdery en maak nog tyd vir haar kuns. Hoewel sy nie meer elke dag skilder nie, pak sy allerlei interessan­te projekte aan soos om eierdoppe fyn te beskilder (bl. 60), sy maak items vir die padstal, woel in die tuin en as die wanderlust haar pak, gaan sy en haar vriendinne oorsee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa