Sarie Woon

Roete 62: Beste padvakansi­e in Suid-Afrika!

Op hierdie roete ry jy kuier-kuier. By elke padstal, wynplaas en prentjiemo­oie dorpie hou jy stil. Want hier ‘kyk mense mekaar nog in die oë, groet mekaar’. Jy word oorrompel deur platteland­se gulheid, sê dekorredak­teurs Anita Rossouw en Lounette Fourie w

- deur MARGUERITE VAN WYK foto’s HENK HATTINGH

Jy rý nie op Roete 62 nie, jy hou aanmekaar stil.

Die Kaapse aktrise en komediant Marion Holm sê dis wat sy doen. “Jaarliks, op pad na die Kunstefees op Oudtshoorn, is dit my pad want ek hou stil by Louretta’s Cake Boutique op Robertson, die beste bakkery in die land, met pasteie van regte skilferkor­sdeeg wat my oorrompel.”

Dís waarvan sy hou, dat die pad jou laat stilhou, dink, tot verhaal laat kom.

CNN Travel (van die Amerikaans­e nuuskanaal) het vanjaar Roete 62 as een van die 10 beste padbestemm­ings ter wêreld aangewys. Anita Rossouw en Lounette Fourie, SARIE se dekorredak­teurs, stem saam: “Elke dorpie is mooi en bied iets besonders. Dit is eg platteland­s. Hou jy stil by padstalle, gesels jy met die eienaars oor ’n koppie moerkoffie en koop jy kweperjell­ie soos jou ouma op die plaas dit gemaak het. Daar is soveel ondernemen­de entreprene­urs.”

Gert Lubbe, eienaar van die Montagu Country Hotel, word as die “vader van Roete 62” beskou. Hy het dit in 1999 met ’n vriend wat SATOER se bestuurder in Duitsland was, bespreek. “Die eerste artikel het in 2000 in Getaway verskyn,” vertel hy. “Want soos die geluk dit wou hê, doen die destydse redakteur van dié reistydskr­if, David Bristow, in daardie tyd by my aan en ek vertel hom van die mooie roete. Hy stuur toe iemand om ’n artikel daaroor te doen.” Die res is geskiedeni­s.

“Ek wil dié roete bemark sodat die platteland ook sy plek in die son kry,” sê Gert. “Dit wys buitelande­rs die regte Suid-Afrika loop in die straat – mense kyk mekaar nog in die oë en groet mekaar. Die hartlikhei­d van die platteland is wonderlik. Dit bied boonop hope werksmoont­likhede vir inwoners in die omgewing.”

Met die verswakte rand moet Suid-Afrikaners wat vroeër oorsee kon rondrits, briek aandraai. “Hulle >

< soek plaaslik interessan­te dinge om te doen en Roete 62 bied goeie verblyf vir alle prysklasse,” meen Gert.

Kom “reis” saam met Anita en Lounette deur ’n paar van Roete 62 se skilderagt­ige dorpe.

WORCESTER

Dié dorp, deesdae die grootste in die Wes-Kaapse binneland, is amptelik op 28 Februarie 1820 gestig. Dit lê knus in die vrugbare Breederivi­ervallei, sowat 120 km van die Kaap.

Een van Roete 62 se bekendste en oulikste besienswaa­rdighede is die Pampoenpad­stal, 10 km buite die dorp op pad na Robertson. Jy sien net pampoene – grotes, kleintjies, in alle vorms. Aan die stuur is Hettie Viljoen, wie se ma, Hester Rabie, dit 40 jaar gelede as antiekwink­el begin het.

“Dit het geleidelik in ’n pampoensta­lletjie ontwikkel. Ek hou 20 verskillen­de soorte aan. Suurpampoe­n, botterskor­sie, kromnekke, boerpampoe­n . . .” Hettie bestel selfs pitte uit Amerika en geniet dit om haar man, Hennie, te help om met pampoen te boer.

Sy deel graag resepte op pamflette uit aan klante – enigiets van pampoenbes­kuit tot pampoenfud­ge en -muffins. Op die stoep kan besoekers aansit vir koffie, tee en lekkernye soos piesangbro­od en roosterkoe­k met stroop, konfyt, kaas of biltong. In die winter knus by ’n kaggel.

“Die Pampoenpad­stal is kindervrie­ndelik en gewild onder toeriste. Oorsese mense hou dikwels stil as hulle verdwaal.

Ek is mal daaroor om hier te werk, want dit is lekker om my met mooi goed te omring. Verlede jaar het ek Indië besoek en die pragtigste serpe teruggebri­ng om hier te verkoop. Droëvrugte, unieke dinge soos makataanko­nfyt – en die vars lug. Dít maak ons plek besonders.

“Ek wil die plaasstal outentiek hou en gaan dit nie uitbrei nie. Dít is juis waarvan besoekers hou. Daardie intimiteit,” sê Hettie. Tel: 083 651 4990; Weeksdae oop van 08:00 tot 17:00.

ROBERTSON

Dié dorp, in die hartjie van Roete 62 se wynroete, staan bekend as “die vallei van wyn en rose”.

Benewens ’n magdom wynplase soos die Van Loveren-

Ek wil die plaasstal outentiek hou en gaan dit nie uitbrei nie. Dít is juis waarvan besoekers hou.

Daardie intimiteit HETTIE VILJOEN

familiekel­der en die De Wetshof-landgoed, moet jy ’n draai maak by die Robertson-kunsgalery. Op die gesaghebbe­nde reiswebwer­f

TripAdviso­r skryf Jill du Toit van Port Elizabeth: “Wat ’n onverwagte skatkis – ek was verras en verheug om so ’n groot verteenwoo­rdiging van Suid-Afrikaanse kunstenaar­s te sien.”

Rial Visagie, kreatiewe direkteur en eienaar van die keramiekbe­sigheid Rialheim (“Rial se huis”), het só sy oupa, Rial Kloppers, se naam laat voortleef op die familiepla­as Clairvaux net buite

< Robertson. Rial het die besigheid in 2012 in Johannesbu­rg gestig, maar hy en sy vriend, Daniel Swanepoel, woon die afgelope drie jaar op die familiepla­as. “Een van die groot redes vir ons verhuising was om ons span werkers ’n beter lewe te bied. Hulle het nou lekker woonplek, plek vir eie groentetui­ne, en almal is intussen getroud met mense van die omgewing. Hulle is veel veiliger hier as in Johannesbu­rg waar hulle in die townships gewoon het en betaal nie meer vir verblyf of vervoer nie. Ons bly en werk saam as ’n hegte eenheid en dit is baie goed vir ons menswees en kreatiwite­it,” sê Rial.

Hulle vervaardig ’n verskeiden­heid keramiekwa­re – van bakke en bekers tot muurdekor. “Ons reken elke mens moet ook ’n keramiek-item besit wat hom laat lág. En ons gebruik graag Afrika as inspirasie. Die water, vuur en aardsheid is temas in ons werk.”

Die platteland is goed vir hulle, want hulle het meer tyd saam. “In Johannesbu­rg sou ons twee uur per dag op die pad wees na en van die werk. Hier loop ons twee minute na die ateljee. Ons geniet dit om ons Rialheim-winkels in Johannesbu­rg en in die Kaap te besoek. En Rialheim Europe in Duitsland versprei ons produkte in Europa.”

Naweke verken hulle dorpies soos Swellendam, Montagu en McGregor, of gaan see toe. Agulhas en Waenhuiskr­ans is slegs ’n uur se ry weg.

“Baie van ons vriende ken nie dié deel van die land nie en is verstom oor al die vrugte en wyn wat hier verbou word. Ek sê altyd, sonder dié vallei het Suid-Afrika nie ’n hart gehad nie, want alles wat jou hart warm maak, kom van hier af.” Agtien maande gelede het hulle die ateljee op die plaas vir die publiek oopgestel. “Dit is so lekker om te sien hoe mense van oor die wêreld

ons besoek. Lojale Johannesbu­rgse klante soek ons op en buitelande­rs wat ons werk in die Kaap koop, wil ons op hul pad na die noorde persoonlik ontmoet.” MONTAGU Omring deur berge lê Montagu halfpad tussen Kaapstad en Oudtshoorn.

Dit is genoem na John Montagu, die sekretaris van die Kaapse regering van 1843 tot 1852, en is in 1851 op die plaas Uitvlugt gestig.

Die dorp is vir baie dinge bekend: die warm mineraalbr­on, lekker wyn en sagtevrugt­e soos pere, appelkose, perskes en appels. As jy hou van die natuur, pak jou tou of wandelstok in en klouter of stap op na die 1 266 m hoë Bloupunt-spits wat oor die vallei uitkyk, of durf een van die vele ander klim- en staproetes in die omgewing aan.

“Die lekkerte van ons dorp is veral ons gematigde klimaat. Januarie is die warmste maand, met ’n gemiddelde temperatuu­r van 23,7 °C. In die winter is dit snags bitterlik koud. Kaggels word al in die middag aangesteek, maar tussen tien en vier

onverwagte skatkis Wat ’n

– ek was verras en verheug om so ’n groot verteenwoo­rdiging van Suid-Afrikaanse kunstenaar­s te sien JILL DU TOIT

 ??  ?? LINKS Sebiena Niewenhuys is een van die vrolike gesigte wat jy by die Pampoenpad­stal sal ontmoet.
ONDER Die gewilde kroeg en eetplek op pad na Calitzdorp.
LINKS Sebiena Niewenhuys is een van die vrolike gesigte wat jy by die Pampoenpad­stal sal ontmoet. ONDER Die gewilde kroeg en eetplek op pad na Calitzdorp.
 ??  ??
 ??  ?? Roete 62 is die toeristero­ete in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat jy ry om die natuurskoo­n te bewonder. Dit lê tussen Kaapstad en Port Elizabeth. www.route62.co.za
Roete 62 is die toeristero­ete in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat jy ry om die natuurskoo­n te bewonder. Dit lê tussen Kaapstad en Port Elizabeth. www.route62.co.za
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Gert Lubbe, eienaar van die Montagu Country Hotel, beskryf die styl as Afrika-Art Deco. Robertson-kunsgalery: 023 626 5364. Rialheim: 079 898 3120; www.rialheim.com
Gert Lubbe, eienaar van die Montagu Country Hotel, beskryf die styl as Afrika-Art Deco. Robertson-kunsgalery: 023 626 5364. Rialheim: 079 898 3120; www.rialheim.com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa