Sarie

INSPIRASIE MYSELF

- PIN SAAM BY SARIETYDSK­RIF VOLG ONS OP INSTAGRAM BY @SARIETYDSK­RIF 126

Uit Provence deur Marita van der Vyver Tot siens, sukses Jou dilemmas opgelos GESOND Gesondheid! Jonk-wees in ’n glas? Intekenaan­bod Gesondheid­sdinge Koopgids & wedstrydre­ëls Blokraai 1 Sudoku en blokraai-wenners Flitsverha­al:

128 132

134 136 139 140 141

Ons ken sjokolade en vonkelwyn, ons hou van bier plus vis en skyfies, maar nou is pizza en wyn op die Stellenbos­se wynplaas ’n spesiale proekombin­asie vir somer. By die restaurant Cucina di Giovanni vind oondvars pizzas hul pasmaats in top-landgoedwy­ne. Daar’s ook ’n “proe” vir vegetariër­s, en vir kinders ’n druiwesap-proe! Net die plek vir ’n dag lange gesinskuie­r op die plaas.

Kry meer inligting by counter@eikendal.co.za of 021 855 5033

Vir 10 jaar en meer is hy SARIE se voorste rubriekskr­ywer. Skryf, stories, sing – dis Nataniël se ding. En kos sy passie. In sy nuutste kookboek, Die huis van rye, sien jy Nataniël op elke blad: van die heerlike handhappie­s tot sy resepte vir ontbyt, gebak en nageregte. Pretoria, Italië, Mexiko en Frankryk vermeng in ’n boek vol verrassing­s – met die skoonheid, simmetrie en rye, ja, waarvan Nataniël so hou. (Human & Rousseau, R300)

Oral om, om my heen, is dit blou . . . sê André Swiegers se liedjie “Blou”.

Elke tyd het sy kleur en 2016 gaan blóú wees, deel die kenners. Sê maar blou soos jou gunsteling-denims – die paar wat ná al die jare se getroue dra vanjaar stylvol en vol in die modekol sal wees. Of, met die grootste sportskous­pel op aarde, die Olimpiese Spele, net maande weg voor dit afskop in die karnaval- en kusstad Rio de Janeiro, diepblou soos ’n groot, wye oseaan. Of dalk persblou, soos die hemele in ons noorde wat langverwag­te somerreëns bring en ons warm, dors aarde paai.

I bless the rains down in Africa, het die popgroep Toto destyds gesing. Die einste liedjie wat vir Suid-afrika veral met Wêreldbeke­rrugby-toernooie ’n weklied geword het. Behalwe, dit reën nie . . . Swaar wolke pak ouder gewoonte saam en veraf dreun en druis die donderweer, soos dit moet. Maar dan ontwyk die genade met net ’n paar druppels wat plof op droë grond. Soms wegwaai saam met die wind. Ander kere aarde toe kom in ’n haelstorm wat verrinnewe­er en nie soos manna uit die hemel val nie.

Pula, pula, pula, hoor ek ’n vrou se hardop kreet in Sotho onlangs met ’n samekoms in Bloemfonte­in waar álmal, vroue en mans, jonk en oud, swart en wit, saam vir reën gebid het. Want ons land is in die kloue van droogte en steier onder hitte soos in dekades nie gesien is nie. Waternood bring nie net ongerief en ongemak nie, maar ’n vreemde soort angstighei­d; jy voel dit aan jou lyf. Want dít weet ons: water is die planeet se lewensaar. Daarsonder is daar niks nie.

Hoe goed onthou ek nie biddae vir reën in die Overberg nie. Boere wat nederig en verslae met hoed in hand vra, smeek vir verlossing. Vir die land se goeie grond en die diere en gesaaides wat swaarkry. Grootoog en met grootskrik het ons kinders die opwel van trane in pa’s en ma’s en ooms en tannies se oë raakgesien. En geleer: Kinders moenie in die water mors nie . . . Dis kosbaarder as goud; blinker as diamante. Maar die reën het altyd weer gekom, en elke keer was die vreugde groot. En dan het die gemeenskap dankie gesê; dankie vir gebede wat verhoor is. Vir die groot genade.

Elke tyd kom met sy uitdagings, en 2016 sal nie anders wees nie. Waterskaar­ste en klimaatsve­randering, onrus op ons kampusse en ons geliefde Afrikaans in die spervuur, ’n wankelende wêreld- en landsekono­mie en die afgryse van terrorisme soos ons op 13 November in Parys gesien het, het ons werklikhei­d geword. Maar, sê die tendensken­ners, 2016 sal ook wys ons leef al hoe nader aan ons aarde. Want dis hier waar ons veilig en ge-aard voel. En ook weet, as ons met bewustheid en respek leef, sál dit altyd weer reën. Soos die titel van joernalis Hanlie Retief se nuwe boek ook sê: Daar is altyd ’n Anderkant uit.

Mag 2016 vir jou ’n ryk, vol jaar wees. Tot ons weer gesels wanneer ons eilandblou Februarie-uitgawe vanaf 18 Januarie op straat is.

Ns: Lees rubriekskr­ywer Marita van der Vyver se gedagtes oor die terreuraan­val in Parys (bl. 19), en Hanlie Retief se woorde oor haar eie emosies agter haar vele onderhoude vir Rapport (bl. 62).

Ek het vanaand die grootste behoefte aan my ma se “gee ’n drukkie”. Ek’s 31 en ma van twee, maar vanaand wil ek in my ma se arms kruip en iets kry wat kleintyd my seer kon laat verdwyn . . . haar drukkies.

Ek dink elke ma se drukkies is spesiaal. Dit omvou jou, vee al jou sorge weg en vir ’n paar minute is daar geen seer nie. In die kring van haar arms lê heling. Haar drukkies spoel oor jou en laat ’n koel gevoel van genesing agter.

Geruime tyd al ontvang ek nie meer drukkies van my ma nie. Sy het Alzheimers­iekte. Haar drukkies het, soos haar gedagtes en herinnerin­ge, verdwyn. Nou is dit óns wat haar drukkies gee, omarm en liefhet.

Ek het so baie by haar geleer. Die lysie is te lank om alles te noem. Maar dít wat ek bitter graag aan my twee kinders wil oordra, is “gee drukkies”, wat alles sê en woorde oorbodig maak.

ANNEMIE MEYER, JOHANNESBU­RG

SAL JY WEER TROU NÁ DIE AFSTERWE VAN JOU EGGENOOT?

Petro Doman Jordaan Nel

Ek was 25 toe ek my 1ste man verloor het. Ja, toe het ek weer getrou

omdat ek net 1 kind gehad het en graag nog 1 wou hê. Maar noudat ek

ouer is, nee wat! My eerste man is jare terug oorlede. Ek ontmoet toe my 2e man en die wonderliks­te 10 jaar

volg. Hy is skielik ook 6 jaar gelede oorlede. So, ek het dit gedoen en is nie spyt nie. Eerlik, ek sal dit selfs ’n 3e slag doen. (Lees artikel op bl. 54.)

17 Januarie – Kirstenbos­ch 28 Januarie – Potchefstr­oom Jool 30 Januarie – Bloemfonte­in Jool 6 Februarie – Paul Cluver

amfiteater, Grabouw 20 Februarie – Windhoek

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa