Sarie

PLEKKIE NET VIR VROUE

-

Ek is bevoorreg om te woon in ’n gerestoure­erde delwershui­sie, wat dateer uit 1882 toe daar na spoelgoud in die Laeveld gesoek is. Dis in dié huisie waar ek ’n boudoir het met al my flessies en piepklein potjies wonderrome vir my “opdollie”-geleenthed­e.

Dié geheime kamertjie word vandag reggepak. In elke potjie lê soveel towerkrag, vroulikhei­d en geloof. Flessies wat met liefde gekoop is. Soos ek elkeen versigtig afstof en regpak, dink ek aan die jare se skoonheid wat verlore gaan.

My boudoir is eintlik net soos my SARIE. Vol verrassing­s, geure, kleure, geheime, nuutste neigings, maar meestal dinge wat die vroulike hart raak, opgewonde maak én hou! Connie Garrard, Kaapse Hoop (distrik Nelspruit)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa