Sarie

TWEE WÊRELDE

WAT IS IN ’N NAAM ...

- 18 – 23 – 56% 24 – 29 – 34% 30 – 35 – 7% 35+ – 3%

Ek het met roomyskarr­etjies, inryteater­s en die TVkinderpr­ogram Wielie Walie grootgewor­d. Vandag absorbeer ek die wonders en vooruitsig­te van die tegnologie, van slimfone, tablette, rekenaars en kabelTV waaraan die meeste van ons verslaaf is.

Ek is bly ek is dít gespaar as kind, want nou sal iemand letterlik my hand moet afsny voordat ek my slimfoon gaan oorhandig.

As ek in die hedendaags­e wêreld kind sou wees, was ek verlore in die buitelewe. Baie kinders ken nie boomklim, swem in die dam of roei met ’n opgeblaasd­e binneband rivier-af nie.

Ek was versot op ’n roomyskarr­etjie en het eenkeer by ’n vliegskou verdwaal nadat ek agter die gelui van sy klokkie aangehardl­oop het.

Inryteater het twee flieks op een aand beteken . . . ’n fees vir die hele gesin. Kleilat-gooi op my oom se plaas en diertjies vorm met klei uit die plaasdam was my gunsteling-tydverdryw­e in skoolvakan­sies.

Indien ek kinders gehad het, sou ek probeer het om ’n gesonde balans vir hulle te skep tussen die twee wêrelde wat ek kon ervaar. Hermien du Toit, Tygerdal

Ek is in my sewentigs, en vir ons ouer geslag is ’n gevestigde roetine ’n lewensboei. Met dié roetine – ons noem dit maar spiergeheu­e – kan ’n mens heelparty van die “siestog-sy’s-oud”mites besweer.

Ek volg byvoorbeel­d daagliks dieselfde patroon vandat ek wakker word totdat dit tyd is vir ontbyt. Ek onthou om skoon en netjies te wees, my medikasie reg te gebruik en met vreugde uit te sien na die res van die dag.

Ek wil of probeer elke dag ’n doelwit bereik. Gevolglik is daar nie tyd vir selfbejamm­ering nie!

My vriendinne is ook almal positiewe mense, want oudword is nie ’n keuse nie. Dis ’n gegewe. Kwale en operasies is maar deel van dié pakket.

Jou gesindheid daaroor is ’n keuse! Brenda Fourie, Barberton

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000,

of stuur e-pos na: mysetel@sarie.com. Nie meer as 130 woorde nie. Menings uitgespree­k in leserbriew­e is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. REËLS: Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

Svetlana Alexievich, die Belarussie­se skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkund­e verlede jaar toegeken is, is maar die 14de vrouewenne­r sedert 1901. Vandag beteken ’n man se naam dikwels steeds dat jou werk ernstiger opgeneem word, sê Soraya Chemaly, ’n media-kritikus en aktivis. Vroeër in 2015 het die Amerikaans­e skrywer

Catherine Nichols vir ’n tweede keer manuskript­e by verskeie uitgewers ingedien – dié keer as “George”. “Hy” het baie meer antwoorde as “sy” gekry. Nog vroue wat onder geslagsneu­trale name geskryf het, was JK (Joanne) Rowling, Louisa May Alcott (B.A. Evans) en Nelle

Harper Lee (Harper Lee).

Net een Sophia!

LEES OOK

’n Langer weergawe van Marita se artikel, met musiekvide­o’s, kan gelees word op Litnet: http://www.litnet. co.za/soms-is-woorde-nie-genoeg-nie/

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa