Sarie

SOVEEL DEERNIS

- Sophia van Graan, Potchefstr­oom

Liewe SARIE, ek was onlangs vir mediese toetse in ’n kliniek opgeneem. Gekoppel aan buise en pype het dit my deurentyd opgeval dat die hospitaal nie ’n plek vir algehele meganiseri­ng is nie.

Daar’s deernis en omgee vir die baie siek bejaarde. Sy moet gehelp word om te eet, en deur die verpleegst­ers gewas en omgedraai word.

Die hulpelose, siek kindjie wat bang en alleen is, word liefderik getroos.

’n Masjien kan jou nie moed inpraat, jou koorsige voorkop streel of vir jou ’n gebed doen nie.

Dank aan alle omgee-verpleegpe­rsoneel!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa