Ons wêreld TOP-5
The New
kantoor-irritasies volgens ’n opname, genaamd Rude, in 5 lande: Brittanje, Amerika, Frankryk, Duitsland en Indië: Klein Constantia in Kaapstad se Vin de Constance 2009 het onlangs die eerste SA wyn geword wat die gerekende Wine Spectator se top-10 lys haal. Meer as 5 700 wyne wat reeds as uitstekend getakseer is (90+ op die tydskrif se skaal van 100), is deur die redakteurs beoordeel om hul top-100 lys vir 2015 saam te stel. Die Vin de Constance beklee die 10de plek. Sit nie jou slimfoon se klank af tydens konferensie-oproepe
nie (38%) Kyk iemand nie in die oë as julle bladskud
nie (46%)
< ’n konsert van Bruce Springsteen bygewoon. Terreuraanvalle is mos byna onvoorstelbaar, asof jou verbeelding vashaak en weier om ’n bepaalde drumpel oor te steek, maar as jy die plek kén waar dit gebeur, hoef jou verbeelding nie só ’n groot sprong te gee nie. Selfmoord-bomaanvalle in Afganistan of Pakistan skok ons nie soos dit ons behóórt te skok nie, want die meeste van ons was nog nie daar nie. Dis onregverdig, maar dis ongelukkig hoe dit werk. Terwyl almal van ons al in Parys was – indien nie in lewende lywe nie, dan minstens in ons drome.
Vroeg Saterdagoggend het die boodskappe van besorgde familie en vriende ons begin bereik. Is julle OK? En die kinders? En al julle vriende?
Eintlik ken ons nie baie Parysenaars nie. Hulle is die tradisionele “vyand” op die platteland waar ons woon. Hulle word beskou as hoogmoedig en onvriendelik, en boonop as onbeskofte motorbestuurders. Kyk maar, sê my bure, elke keer as jy ’n connard agter ’n stuurwiel sien, het hy ’n 75-nommerplaat. ( Connard is ’n lelike woord vir ’n dom mens. En 75 is die poskode vir Parys.) Dis nie ék wat so sê nie, dis my bure. Wat ék soms sê, nie heeltemal spottend nie, is dat ek as vreemdeling uit Afrika waarskynlik makliker hier aanvaar word as ’n inkommer uit Parys.
Maar Saterdagoggend het ons almal in Parysenaars verander. Ek het wakker geword met ’n liedjie van Jacques Dutronc wat in my kop draai. Dis vyfuur in die oggend en Parys ontwaak . . . Op die TV het ek beeldmateriaal gesien van die stad waarin Parysenaars dié oggend ontwaak. Dit was nie meer dieselfde stad as die een waaroor Dutronc gesing het nie. Dit sal waarskynlik nooit weer dieselfde Parys wees nie.
Ek vertel gereeld vir my dogter hoe dankbaar ek is dat ons op ’n klein dorpie woon. Sy stem natuurlik nie altyd saam oor die vreugdes van ’n kleindorpse bestaan nie. Soos enige tiener droom Mia oor die opwinding van ’n groot stad. Maar Vrydagaand het sy vir my ’n SMS gestuur wat my heeltemal onthuts het.
Maman, ek is so bly hulle het nog nie begin om die klein dorpies aan te val nie. As hulle dit doen, waar dink jy kan ons gaan woon?
Dis nie ’n vraag wat ek gedink het ek ooit sou moes antwoord hier in die hart van die “beskaafde” Europa nie.
Later die oggend het ek soos gewoonlik mark toe gery om ons weeklikse groente te gaan koop. Op die oog af het alles normaal gelyk, miskien minder mense as gewoonlik, maar dit kon ook aan die ysige mistralwind toegeskryf word. En tog, terwyl ek so met my mandjie deur die mense vleg, het ek aanmekaar flertse van gesprekke opgetel. Aanval . . . nasionale rou . . . noodtoestand . . . Dis nie die soort woorde wat jy gewoonlik op ’n Saterdagoggend op ’n kleindorpse mark hoor nie.
Onvermydelik het ek ook woorde van vreemdelinghaat en rassisme gehoor. Hulle neem oor hier. Ons word soos k_k behandel. Skop hulle almal uit. Hierdie hatige reaksie teenoor die ongenoemde hulle het my byna soveel ontstig soos die aanvalle in Parys.
Frankryk is ’n sekulêre, redelike land, die land van Voltaire, wat geskryf het: Those who can make you believe absurdities, can make you commit atrocities. Ja, hý.
Was sy woorde al ooit so gepas soos nou? Die Bataclan-teater waar byna honderd mense Vrydagaand vermoor is, is in Boulevard Voltaire. Ironie? Absurditeit? Of net nog ’n voorbeeld van die werklikheid wat fiksie oortref?
As Frankryk nie sekulêre, redelike oplossings teen Isis en die oorlog in Sirië vind nie, gaan die vrees en die haat vererger en die verregse partye oorneem. En dan sal ek saam met my dogter moet vra: Waar dink jy kan ons nou gaan woon?
Ná Vrydag die 13de voel orals op aarde minder veilig as voorheen.