Sarie

EK WEET NIE OF EK VOLWASSE GENOEG IS OM MET HOLLYWOOD SE KRITIEK TE DEAL NIE

- Christia

< sy pas ’n maand lank in die Muizenberg-omgewing geskiet het aan Shushh. “My lyf moet nou afwen. Ek het geweet dit gaan ’n erge rol wees en dit was.

“Tess was my grootste uitdaging tot nou toe. Uitmergele­nd. Die fliek gaan oor sekswerker­s en neem jou na donker plekke in jou siel. Ek het met ’n paar van hulle gesels as deel van my navorsing vir die rol.”

Christia beweeg oënskynlik naatloos tussen rolle in ’n verskeiden­heid genres: ernstige verhoogwer­ke, waaronder ’n Shakespear­e-stuk, Jana in die romantiese komedie Hollywood in my huis en as die jong Lena Aucamp in Ballade vir ’n enkeling. Die fliek Last Ones Out, waarin sy ’n dokter vertolk wat saam met ’n groep mense vir zombies vlug, is ook einde verlede jaar by die SA Horror Festival uitgereik. Vanjaar kan ons ook uitsien na Alison waarin sy die naamrol vertolk. Baie onthou nog hoe dié dapper vrou, Alison Botha, in 1994 verkrag, meer as 30 keer in die maag gesteek en byna keelaf gesny is voordat sy vir dood agtergelaa­t is.

Met haar helder glimlag, blou oë onder ruie wimpers en dik bos tuimelende donkerbrui­n hare lyk die stylvolle Christia na ’n nuwe Hollywood-gesig. Haar CV is indrukwekk­end. Maar telkens vroetel sy met haar grys geverfde naels deur haar hare, lag spontaan en sê keer op keer “Oeee jis, néé!”, en jy besef hóé jonk sy is.

In Shushh doen sy, vol jeugdige energie, haar eie waagtoertj­ies, dikwels gevegstone­le. “Van die merke op my lyf sal my altyd aan dié fliek herinner. Ek het hierin ’n emosionele volwassenh­eid bereik wat nie noodwendig goed is vir ’n 23-jarige nie. As ek saans gaan bad het, het ek fisiek en emosioneel gepyn. Ek verstaan nou meer van sekswerker­s se keuses. Vir my was dit ’n rol, maar die hartseer is, baie vroue lééf so.”

Dit was ook geen grap om aan Alison te werk nie. “Dit was ongeloofli­k om twee dae met haar te kon gesels, haar menswees te leer ken. Wat ’n unieke mens. Sy vra ánder uit hoe dit met hulle gaan en praat nie sommer oor haar seer nie. Alison het aan my erken sy was baie skaam voor die gruweldaad, maar daarna het sy kans gesien vir motivering­spraatjies.”

’n Onlangse hoogtepunt was die verfilming van die televisier­eeks Die Boekklub op Merweville in die Karoo. “My karakter, Lily, ’n free spirit, het in Rome kuns studeer. Sy het baie issues wat sy nog met niemand bespreek het nie. Dan ontmoet sy Tom, vertolk deur Armand Aucamp. Hulle help mekaar om hulself weer te vind.” Christia sê sy kon goed met Lily – “ook hardegat soos ek” – identifise­er. Sy het ook groot lof vir die span gesoute akteurs en regisseur Quentin Krog, wat daarop gewerk het.

Sy erken haar hart is verskeur tussen die Karoo en die see. “Bedags is die Karoo te warm, maar om saans, nadat ons verfilm het, te kon loop en na die sterre te kyk . . . jy besef hoe klein jy is in vergelykin­g met die heelal. My pa, Abrie, ’n sakeman, kom van die Karoo. Maar my ma, Cecile, ’n finansiële direkteur, is oorspronkl­ik van Gansbaai. Ek kan ure kyk na die see se beweging.”

Sou sy ná haar plaaslike sukses ’n loopbaan in Hollywood oorweeg? “Ek weet nie of ek al volwasse genoeg is om met Hollywood se kritiek te deal nie, maar dit moet ongeloofli­k wees om aan só ’n ‘ buffet’ van flieks blootgeste­l te word. Ek is nie eintlik into die hele fame- ding nie. Ek is nou op so ’n goeie plek in my lewe. Ek moet eers mooi aan Christia dink as ek besluite neem . . . As ek die geleenthei­d kry om daar in ’n fliek te speel, sal ek dit aangryp. Maar of ek regtig daar wil woon . . .”

Die regte rolle vind haar, meen sy. “Ek moet glo daar is ’n Plan vir my lewe. As ek elke keer in ’n hoop gaan sit as ek ná ’n oudisie nie ’n rol kry nie, sal ek nie oorleef nie.”

Christia waag graag en skrik byvoorbeel­d nie vir ’n eksperimen­tele rolprent soos Last Ones Out nie. Sy het trouens in dié fliek sonder betaling gespeel, saam met haar vriende – “vir die fun”. Dis toe verlede jaar gekies om by Cannes gewys te word as een van Suid-afrika se rolprente om ons bedryf dáár te bemark. “Ja, kan jy dit glo?”

Eintlik is sy verstom dat haar lewe so gou so “reg” uitgewerk het. “Kleintyd wou ek eintlik ’n sangeres word of ’n tannie in ’n swietswink­el, want ek het gedink hulle kan heeldag lekkers eet . . .”

Ná ’n twee jaar lange kursus aan die rolprentsk­ool ACT Cape Town, waar sy in 2012 gekwalifis­eer het, glo sy sy is suksesvol danksy ’n kombinasie van vasbyt en harde werk.

“My ma het al toe ek tien was vir mense vertel ‘dié kind maak my bang!’ Hoewel my ouers dalk vreesbevan­ge was toe ek in die hoërskool gesê het ek wil aktrise word, het hulle my soos ’n wilde perd met my drome laat hol.

“Daar was nooit ’n plan B om op terug te val nie. Ek het >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa