Sarie

MY NAAKTHEID IS AL WAT AAN MÝ BEHOORT, WAT EK NIE HOEF TE DEEL NIE

- Christia

< vir my ouers gesê plan A is goeie toneelspel. Plan B ook. Ek dink hulle raak steeds bang vir my . . . Maar ek is trots dat ek deurgedruk het. Op skool het ek dikwels die onderwyser­s uitgevra, selfs woordewiss­elings veroorsaak. Tóg dink ek mense respekteer daardie eerlikheid en passie. Ek wou binne vyf jaar nadat ek klaar gestudeer het my eerste rol losslaan . . .”

Danksy verwysings van haar lektore het sy reeds as student ’n agent gehad, wat vir haar die hoofrol, Andrea, in The Girl Child (haar eerste betaalde rol) op die verhoog aangebied het.

Dit klink ironies, maar toneelspee­l laat haar nie noodwendig goed voel nie. “Maar dit is hoekom ek daarvan hou. Ons almal het ’n ligte en ’n donker kant. Party rolle breek jou uitmekaar. Dit neem my uit my gemaksone. Op hoërskool, ná ’n monoloog van vier blaaie oor ’n vrou wat haar broer aan vigs verloor het, was ek hooked. Dáái rou emosie van menswees wou ek vir altyd ervaar.”

Toneelspel kom vir haar natuurlik. Sy glo nie daaraan om die draaiboek woord vir woord te leer nie. “Baie mense vra my hoe kry ek alles in my kop. Ek weet nie lekker hoe dit werk nie, maar glo as ek ’n draaiboek genoeg kere gelees het en my karakter verstaan, kom die woorde vanself. Dit is net daar. Ek glo ook nie aan óórvoorber­eiding nie. Hoe meer jy analiseer, hoe meer wil jy dinge regmaak wat nie gebreek is nie. Ek probeer myself dus kry in daardie ‘spasie’ tussen instink en oordink.”

Haar grootste vrees is om vasgevang te word in formule-rolle en net een soort rol te speel. Sy kies doelbewus uitdagende rolle omdat sy glo dit is stories wat vertel móét word.

In Suid-afrika gebeur dit nogal baie dat die gehoor dink jy ís die karakter wat jy vertolk – en dat hulle jou veroordeel as jy sekere rolle vertolk, meen sy. “Sepies het dalk iets daarmee te make. Dit is nie nou my regte tyd om in sepies te speel nie. Jy moet dié rolle reg kies. Ek kan nie nou bekostig om ’n paar jaar lank as spesifieke sepie-karakter bekend te staan nie.”

Elke rol is vir haar ’n uitdaging. Net soos sy elke oggend uit die bed spring as gevolg van FOMO ( fear of missing out), wil sy verskillen­de tipes karakters ontgin.

Sy reken wel die hoofkarakt­er Jana in die romantiese komedie Hollywood in my huis (2014) is die meeste soos sy: “Ek het by haar droomwêrel­d aanklank gevind. En sy het soveel insecuriti­es . . . Op skool wou ek tog ook so graag hê mense moet van my hou. Ek het altyd té hard probeer. En onthou, as jy nie mooi is op skool nie, is jy ’n loser. Ek het erge aknee gehad en soos ’n ogre gevoel.”

Christia bly steeds by haar ouers – haar “vangnet’’ – in Bellville, Kaapstad. “Hulle is daar vir my. Hulle sien soms die slegte sy van my wat ek nie met die wêreld deel nie. Hul geloof in my het mý selfvertro­ue baie versterk.”

Sy wou al ’n paar keer uit haar ouerhuis trek, maar dan oortuig haar pa haar om te bly. “Ek maak kos saam met hom, en my katte, Mia, Maya en Tia, se gespin kalmeer my.”

Sy skryf ook liedjies (“My droom was mos om te sing!”) en werk aan ’n draaiboek saam met ’n pêl. Meer wil sy nie daaroor sê nie. Daar wag ’n paar opsies waaroor sy nog vanjaar moet besluit. “Rolprente, ja, dit het maar my hart gesteel. Die kamera sien alles raak, kyk tot in jou siel.

“Die dag dat toneelspel my nie meer uitdaag nie, sal ek ophou. Ek wil aanhou groei. Om dié rede hou ek nie so baie daarvan om in advertensi­es op te tree nie. Ek het al ’n paar gedoen, maar dis die pretensieu­se sy van toneelspel. Jy is eintlik maar ’n model en word soos ’n prop hanteer.”

Om haar siel te beskerm doen sy nie naaktonele nie. “Jy is baie blootgeste­l as aktrise en my naaktheid is al wat aan mý behoort, wat ek nie hoef te deel nie.” Sy glo in ieder geval ’n goeie aktrise se krag sit in haar oë. Die aktrise Anna-mart van der Merwe is om dié rede ’n groot inspirasie. “’n Paar dekades gelede was dit die neiging om te dramaties te oorspeel. Maar Anna-mart speel toneel met haar oë. Dít is wat die kamera optel, ’n eerlikheid. Hopelik kan ons eendag nog saam toneelspee­l,” droom sy hardop.

Kinders en trou is wel ’n langtermyn­droom. Maar sy is huiwerig om oor die nuwe “belangstel­ling” in haar lewe, die sanger Hugo Ludik van die mansgroep ADAM, te praat. “Ons praat daagliks met mekaar. Hy verstaan my werkstres en ek syne.”

Hy het haar in ’n kort lokprent vir Hollywood in my huis by verlede jaar se Ghoema-musiektoek­ennings gesien. “Toe soek hy my nommer orals, en kontak my op Facebook.”

Christia hou van ’n “man-man”. “Iemand wat inpas by my gesin, hou van braai, wat rigting het en my kan laat lag en ondersteun.

“Ek het my byna doodgewerk die afgelope twee jaar. Nou moet ek rus.”

In Desember was sy ’n maand lank by haar ouers se strandhuis op Pearly Beach in die Overberg. “Daar stap ek soggens in my pajamas, koffietjie en sigaret in die hand, na die sand – ons ‘ voorstoep’. Ek kan net wees. Almal ken mekaar. Niemand judge my nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa