Sarie

Reine Swart

-

As 4-jarige wou Reine al ’n filmster word. Sy het al haar geld gespaar om ná skool ’n twee maande lange kursus by die New York Film Academy te doen, en daarna teruggekom Suid-afrika toe. Haar eerste fliekrol was in Somer

wat verlede jaar op die grootskerm was, en sy is ook in die kyknet-reeks Bloedbroer­s en die fliek Die Pro te sien.

Reine voltooi nou haar meestersgr­aad in bedryfsing­enieurswes­e by Wits. “Ek is net so 50% lag sy. “Ek oefen baie, dra nie juis grimering nie, en as my man sê ek mag, dan ry ek ook graag skaatsplan­k!”

Sy is vanjaar in internasio­nale produksies soos die reeks Dominion (op Dstv se kanaal 102) en die film Detour te sien. “Twee hoogtepunt­e. Ek het baie geleer deur te kyk hoe hulle dinge op sulke groot produksies doen.” Sy gebruik dié kennis agter die skerms wanneer sy advertensi­es skiet by haar produksiem­aatskappy Twin Hearts in Centurion.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa