Sarie

Albert Pretorius In ons KOLLIG

Daar’s ’n ontploffin­g in die SA rolprent- en teaterbedr­yf – met ’n hele klomp veelsydige jongmense wat woeker met hul talente en groot naam maak. Hou hulle vanjaar dop . . .

- DELIA DU TOIT

Net in 2015 het Albert drie toekenning­s vir beste akteur gekry in verskillen­de toneelstuk­ke – ’n Kanna, ’n Fiësta en ’n Fleur du Cap.

Nie sleg vir iemand wat ’n akteur geword het omdat hy nie kon besluit wat hy wil doen nie. “As 11-jarige het ek ’n mondeling gedoen oor wat ek eendag wil word. Ek het gesê ’n akteur, dan kan jy álles wees.”

Albert het op skool aan sang- en toneelkomp­etisies deelgeneem, en toe ook die pryse ingeryg. Ná sy dramastudi­es aan Ikeys was sy eerste profession­ele rol in die toneelstuk Miskien, en dit bly ’n hoogtepunt – hoewel hy ook die rolprente Die Wonderwerk­er, Modder en Bloed en sy rol as Ulrich Moolman in Binnelande­rs uitsonder. “Dít, en my werk vir kyknet se asook ses maande in Holland in die toneelstuk

Oor sy rol in die fliek Long Walk to Freedom is hy nie naastenby so opgewonde nie. “Dit was klein – ek twyfel of mense my selfs daarin kan sien!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa