Sarie

Shoki Mokgapa

-

Toe Shoki verlede jaar in Sink verskyn het by die Silwersker­mfees, het Afrikaanse gehore opgewonde geraak oor dié talentvoll­e nuweling, wat ook die toekenning as beste aktrise by die fees ontvang het. Maar Shoki het al heelparty kleiner rolle in verskeie internasio­nale produksies agter die blad, soos ITV UK se Wild at Heart, AMC se The Prisoner, die BBC se Silent Witness en die film Judge Dredd. Plaaslik was sy te sien as Tumi in The Lab.

Haar ouers kon nie verstaan hoekom sy aktrise wil word nie en het daarop aangedring dat sy haar Bcom-graad voltooi. “Ek het dit gedoen en toe besluit ek sál aktrise word. Gelukkig het ek rolletjies begin kry, want jy twyfel soms as werk stil is!”

Toe dinge verlede jaar stillerig word, het sy impulsief besluit om van Johannesbu­rg na Kaapstad te verhuis en te kyk wat dit oplewer. “Ek het iewers in die Karoo tot my sinne gekom en begin bang raak, maar het vasgebyt en vir maande op vriende se rusbanke geslaap.”

Dit was darem nie alles verniet nie. Shoki is vanjaar in die flieks The Chemo Club, saam met Brümilda van Rensburg, te sien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa