Sarie

Cindy Swanepoel

-

In die kyknet-reekse Proesstraa­t en

en as Ballade vir ’n se stoute Mysi Moolman het Cindy gehore al laat skaterlag.

Sy is opgewonde oor haar feeksrol in Binnelande­rs. “Dis opwindend, mense hou nie van Annelize nie en sy is heeltemal anders as my vorige rolle.”

Vandeesmaa­nd speel sy in My boetie se boetie se baba by die Atterburyt­eater in Pretoria, asook die kyknet-kortfilm Almal se beste pêl en die RSGvervolg­verhaal Hartebreke­r. Sy bly “op haar hoede” oor haar besige program. “Die laaste twee jaar was goed vir my, maar as vryskut weet jy nooit wanneer jy weer gaan sukkel nie!”

Daarom het sy ook ’n skadupopte­ater-maatskappy, Pôkô Produksies. “Om met kinders te werk is my ander passie. Ek is soms ook rolverdeli­ng-regisseur. Alles wat ek doen, is deel van dieselfde bedryf – dis eenvoudig in my bloed.

“My oorlede ma, Tammy de Wet, het toekenning­s vir toneelspel op skool gewen. Ek dink sy sou opgewonde gewees het as sy kon sien hoe alles uitgedraai het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa