Sarie

Bennie Fourie

-

As dit nie was vir sy Puk-koshuis wat geen aandag aan hul kultuurpro­jekte gegee het nie, was Bennie se akteursver­nuf vir die wêreld verlore.

“Ek was besig met Bcom Regte, maar het besluit om in te gryp met die kultuurpro­jekte. Ek en ’n vriend het begin stories skryf . . . Wat begin het as koshuisgra­ppies, het later deel geword van die kyknet-reeks

Bennie was al in die flieks Born to Win, Mooirivier en Die Pro, en sal vanjaar in Sy klink soos lente op die grootskerm wees.

Hy het help skryf aan latere seisoene van die kyknet-reeks Sterlopers, en sy kortfilm, Vuil wasgoed (wenner by die Silwersker­mfees 2014), word nou in ’n vollengte film omskep. “Dís vir my ’n eer. Dit was altyd my droom om ’n storie te skryf en iets daarvan te maak, en dat 25 mense hul tyd en energie daarvoor gegee het, maak my so dankbaar.”

Sy droom is om SA komedie op te hef. “Dis een ding om vir oppervlakk­ige banaliteit­e te lag, maar daar is ook soveel intelligen­te humor in ons land, en ek sal dít wil uitbeeld.” Hy en ’n vriend, Stiaan Smith, skryf tans aan ’n komedieree­ks vir kyknet. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa