Sarie

Edwin van der Walt

-

Vandat Edwin sy studies in drama op Stellenbos­ch voltooi het, het hy nog nie stilgesit nie. Soos hy sê: “Daar is soveel wat aangaan in die bedryf, en dinge gebeur nou baie vinnig.”

was sy eerste groot rol, en kort daarna het hoofrolle in Ballade vir ’n enkeling en Die Pro gevolg. Vanjaar is daar die flieks My Father’s War en Modder en Bloed.

Hy wil ook op teater fokus. “Maar ek kan regtig nie besluit wat ek verkies nie – die verskil tussen film en teater is soos die verskil tussen rugby en krieket!”

Hy en sy broer, JC, het ’n produksiem­aatskappy, Edzivegaz Production­s. “Ek wil graag my eie stories vertel. JC het ’n slim sakebrein. Ons maak ’n goeie span.”

Maar eers gaan hy meer branderpla­nkry. “Ek kon nie glo ek gaan betaal word om dié sport te bemeester vir Die Pro nie. Ons het vir ses weke lesse gehad en ek het nog nooit so vry gevoel soos op die plank nie.”

Of hy nog gaan tyd kry vir sy plank midde-in sy besige loopbaan, is ’n ander vraag . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa