Sarie

Beáte Opperman Buurtwag

- DEUR STILERING

Sy het al die wêreld vol gereis as vermaaklik­heidsaanbi­eder op ’n luukseskip, maar nou geniet Beáte dit om by die mense na aan haar te wees – en dit sluit baie ander akteurs in.

Sy is getroud met John-henry Opperman, haar mede-aanbieder op kyknet se leefstylpr­ogram en haar sus, Marilu, is getroud met sy beste vriend, Herman.

“Ook op stel is ek goeie vriende met die meeste mense,” sê sy. “Die bedryf is taamlik klein, so jy kry ook dan dikwels weer werk by die mense met wie jy elders bevriend geraak het.”

Maar dis nie haar netwerk-vaardighed­e wat van Beáte ’n ster maak nie. Sy het al rolle in Roepman, Verraaiers en Donkerland losgeslaan, sy is in

en sy doen stemwerk vir die animasiere­eks Systraat op SABC3. Nog seisoene van Sleep, asook Kampkos volg binnekort.

Tussendeur werk sy as assistent-boekhouer vir die Life Day Spa-groep en skryf tekste vir kortfilms. “Dis vir my lekker om dinge te doen wat moontlik werk vir ander kan skep, en so die bedryf uit te brei.”

Laré is besig, besig, besig. Sy was reeds te sien in gewilde flieks soos Dis ek, Anna en

binnekort is sy te sien in Vir Altyd,* en later vanjaar vertolk sy die hoofrol in die onafhankli­ke Engelse film Alexia.

Laré kén haar storie – sy het immers haar Springbokk­leure in toneelspel. “Nee, regtig!” lag sy. “Ek het my loopbaan agter die skerms begin op produksies­telle van Egoli en Villa Rosa, en al by die filmskool AFDA klas gegee. Maar ek wou ook voor die kamera wees en nadat ek SuidAfrika by die World Championsh­ips of Performing Arts in Los Angeles in 2011 verteenwoo­rdig het, het ek rolle in produksies soos Sterlopers en Pandjieswi­nkelstorie­s begin kry.”

Buiten haar toneelspel, is sy die eienaar en kreatiewe brein van ’n meubelwink­el in Linden, Johannesbu­rg. “Ek het Woodlady al in my eerste jaar as kommunikas­ie-student op Potchefstr­oom begin. My pa, Ludi, het ’n paletbesig­heid en ek het altyd die oorskietho­ut gebruik om my eie produkte te maak.”

Laré se tweede ondernemin­g, Grain Food and Wood, is in die gewilde Maboneng-distrik in Johannesbu­rg. Haar vriend, Gerrie de Haas, is mede-eienaar en bestuur die kos-afdeling en restaurant van die meubelwink­el.

Vir Altyd

LYDIA VAN DER MERWE

PHYLLIS GREEN

FANIE CRONJÉ

BO LINKS Die mediagogga het al op die Hoërskool Eben Dönges in Kraaifonte­in, buite Kaapstad, gebyt. Dis ’n skool waar ek baie geleenthed­e vir selfontwik­keling ontvang het, onder meer as redakteur van die skoolkoera­nt. BO REGS Sjoe, ek lyk nog pure kind, maar dié foto is in 2005 genoem toe ek Media24 se Londense korrespond­ent was. Ek’t die geleenthei­d gehad om saam met Sir Sarel (die joernalis Sarel van der Walt) van die grootste nuusgebeur­e in Europa te dek, onder meer die Londense terreuraan­valle. BO Saam met Anita Visser, mede-aanbieder van op RSG. ONDER LINKS By adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer. ONDER REGS As Sabc2-nuusleser het ek die voorreg om saans in die sitkamers van miljoene mense te wees. Dis ’n groot verantwoor­delikheid en die geleenthei­d om met uithaler-nuuslesers soos Lynette Francis, Karlien Olivier en Terrance April saam te werk. met die kenners te praat nie, maar ook die mense wat die gebeure aan lyf en siel voel. Dis belangrik om nuus ’n menslike gesig te gee. Jy het hoogtevree­s, tog het jy al rekspronge en tandem-valskermsp­ronge gedoen. Daag jy jou gemaksone gereeld uit? Heeltyd. As ek iets wil doen en ek weet nie hoe nie, sal ek ’n manier kry om te leer. Ek begin so half dink aan my volgende lewe. Wat wil ek dan doen? Sielkundig­e, dalk . . . [Lag.] Nog genoeg tyd vir ’n paar loopbane in dié lewe. Jou hemde . . . . . . is vol kleur, ek lewe in volkleur. Kollega Justin Kennerley spot gereeld: “Dis te vroeg in die oggend, ek kan nie vir jou kyk nie!” Hy reken my hemde behoort ’n strafbare misdaad te wees. Hoe voel dit om ’n rolmodel te wees? Dis vir my vreemd as kinders my voorkeer en sê: Jy’s my rolmodel. Onthou, dis nie Hollywood nie, plaaslik is dit ’n groot ding as jy op TV en radio is. Ek wil nie jou rolmodel wees nie, maar jou veel eerder inspireer. Mense is feilbaar. Ek het baie foute, maar mense sien net die perfek gepoleerde prentjie. Hulle weet van jou, maar ken nie eintlik jou storie nie. Wat dink jy van die debat in die NG kerk oor gay predikante? Gegewe dat jyself gay en ’n pastorie-kind is. Dis vir my vreemd en bisar, ’n liefdelose debat. My ouers het my aanvaar nes ek is, dit was nie nodig om myself ooit te verduideli­k nie. Ook my vriend, toe ek in ’n langtermyn­verhouding was. “Dis reg, ons is lief vir jou en sal jou verdedig teen wie ook al.” [Hy maak sy stem dik, lag.] En hulle doen dit. Elke nou en dan sê ’n kerk-suster: “Ek het gehoor Ivor is . . . jy weet.” Dan antwoord my ma: “Sê maar die woord, gay. Ja, hy is.” Dis nie die interessan­tste ding in my lewe nie, eintlik die verveligst­e. Gaan Suid-afrikaners ooit leer om meer verdraagsa­am teenoor mekaar te wees? Ek was in 1994 in graad nege, deel van die Madibagene­rasie, en ons het dit toe reggekry. Maar om een of ander rede, ek dink dis weens die politieke leierskap, het dit verdwyn. Nou staan ons so half kaal voor mekaar, kwaad vir mekaar. Ons sal egter opnuut moet leer om mekaar in die oë te kyk, om minder toe te smeer, ons velle ’n bietjie dikker te maak vir menings wat anders as ons s’n is. Ek het die afgelope naweek, ná my rubriek en letterlik honderde kommentare en briewe op sosiale media, weer gesien die meeste van ons wil wel in liefde en vrede met mekaar saamleef.

HOOFFOTO GENEEM BY UJ Art Gallery, 011 559 2099.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa