Dann-ja­c­ques Mouton

Al­leen­wees was se­dert klein­tyd sy maat. Maar op 22 Au­gus­tus ver­le­de jaar het die ru­we a­von­tu­rier Ri­aan Manser op sy knieë ge­gaan en sy blon­de Vas­ti Gel­den­huys ge­vra om te trou . . .

Sarie - - Vermaak - Vas­ti

Hy het nie be­sluit om ’n ak­teur te word nie, sê Dann-ja­c­ques, dit was die nood­lot. “Men­se sê al­tyd hy is ook ge­prys vir sy to­neel­spel in Die Rol­bal­spe­ler.

Vir nou fo­kus hy eers op rol­pren­te, sê hy. “Met A­bra­ham het ek be­sef ek wil dié ding nou aan­vat, die film­wê­reld. Noem my Skol­lie en S­hushh kom van­jaar uit.”

Hy ge­niet dit ook om die “vuil­werk” ag­ter die skerms te doen. “Stoe­le aan­dra, kos­tuums reg­maak – want dit hou jou ne­de­rig. Só leer ek meer van die be­dryf, want een­dag sal ek ook re­gie wil doen.”

wart voor vier skril die wek­ker – die eer­ste keer. Ag­tien mi­nu­te la­ter maak dit weer s­tem dik. En weer, en weer en weer. Vyf keer. Die laas­te keer twin­tig voor vyf.

I­vor P­ri­ce is dan ge­woon­lik reeds in RSG se Mo­ni­to­r­a­tel­jee. Uit­ge­vat in een van sy ken­mer­ken­de hel­der­kleu­ri­ge hem­de, ’n half­uur vroe­ër as wat van hom ver­wag word. Ge­fo­kus. “Ek wil rus­tig wees wan­neer ek se­suur vir die volk mô­re­sê.”

Nie dat hy ooit laat is nie, hy is bloot bang daar­voor. “Wan­neer die a­larm die twee­de keer af­gaan, woel daar ’n paar vrae deur my kop: Wat is daar­die ge­luid? Hoe­kom het ek juis dit as ring­to­ne ge­kies? Wat­ter dag is dit dan? O ja, vyf­uur moet ek by die werk wees.”

B­link­oog sit hy daar met sy spek-en-ei­er-ont­byt. On­ver­stoor­baar. So­lied. Sa­ter­dag in Kaap­stad, sy hei­mat. Al het Jo­han­nes­burg, waar hy dees­dae woon, in sy bloed ge­kruip. Maar in Kaap­stad glim­lag die men­se mak­li­ker, is hul­le min­der ge­stres, re­ken hy.

Op 35 was hy nou die dag nog nat ag­ter die ore. Soom­loos het hy as Mo­ni­tor- aan­bie­der by Co­bus Be­ster oor­ge­vat, ná 17 jaar ’n in­stel­ling op dié nuus-en-ak­tu­a­li­teits­pro­gram.

Hy kui­er die na­week by sy ou­ers in Kraai­fon­tein, Kaap­stad se noor­de­li­ke voorstede. En word soos die ver­lo­re seun deur die wê­reld en sy maat ont­vang. Van­dat hy ’n nuus­le­ser op SABC2 is, wil al­mal hal­lo sê, ’n sel­f­ie saam met hom neem. “Ek was gis­ter­aand by die ver­jaar­dag­par­ty van ’n vriend se ma. La­ter het ek so half aar­dig be­gin voel, dis die an­tie se groot oom­blik . . .” En al­mal wil met hóm ge­sels.

Veel eer­der ver­kies hy sy bly­plek in Mel­vil­le, Jo­han­nes­burg, wat we­mel van ce­lebs. Nie­mand gee hom ’n twee­de kyk nie. Par­ty men­se wil op die voor­grond wees, hy ver­dwyn liefs op die ag­ter­grond. Sy vrien­de sê hy is ’n muur­blom­me­tjie, bo­ring. Let­ter­lik ook, want daar is dik­wels ’n blom of twee op sy hemp. “Ek was maar al­tyd so, ’n waar­ne­mer. Al­tyd op die kantlyn. Om­dat ek nou in die kol­lig is, aan­vaar men­se ek wil voor loop.”

Vreemd dus die storm wat die na­week wan­neer ons ont­moet op so­si­a­le me­dia oor hom woed. Dit ná ’n om­stre­de ru­briek in Die Bur­ger oor die u­ni­ver­si­teit­stu­den­te se be­to­gings. Nog nooit was die k­ri­tiek so fel nie, sê hy. Al was hy in die ver­le­de ook al uit­ge­spro­ke.

Hy is ’n “dom Hot­not” ge­noem. Twee keer met die dood ge­dreig. Maar daar was ook “e­nor­me” steun.

Hy maak sy han­de oop op die ta­fel voor hom: “Aag, dis fi­ne. Jy kan nie el­ke dag van fa­mi­lie hou nie, soms ver­skil jul­le. Maar op ’n sleg­te dag vang dit jou.” ’n Ak­ti­vis in ’n blou blok­kies­hemp? Eint­lik ’n ge­lyk­ma­ti­ge siel vir wie niks en nie­mand in die ver­le­de som­mer kon ont­stel nie. “Maar ek kom ag­ter ek wip my dees­dae mak­li­ker vir on­in­ge­lig­te me­nings. Dit maak my ook hart­seer, men­se wat nie ver­draag­saam is nie, nie na an­der wil luis­ter nie.

“Die woes­te din­ge wat Suid-a­fri­ka­ners op die so­si­a­le me­dia kwyt­raak . . . dis om­dat al­mal moeg en keel­vol is. Ons sur­vi­ve net-net – as die Bok­ke boon­op swak speel, is ons in ’n don­ker gat. Dan is die ou op die ra­dio wat ’n vraag vra waar­van jy nie hou nie, ’n mak­li­ke tei­ken.

“Fa­ce­book, Twitter, dis mak­li­ker om daar­op te sê wat jy wil. Luis­te­raars kan ook die wild­ste goed op die di­rek­te Sms-lyn kwyt­raak. Co­bus het hul­le la­ter som­mer op die lug uit­ge­trap. ‘Nee wat, dis ’n sim­pel brief hier­die.’ Maar dis moei­lik, as jy jonk is en nie ’n wit­man nie.”

RSG se Amore Bek­ker het hom voor­af ge­waar­sku: Op­pas vir die kom­men­taar op die so­si­a­le me­dia. Moe­nie dat die po­si­tie­wes na jou kop toe gaan nie, net so met die sleg­stes. As e­nig­iets jou bly of hart­seer maak, be­te­ken dit jou ba­lans is uit, hier bin­ne jou. (Hy druk sy vuis op die krop van sy maag.) “Ek pro­beer dit el­ke dag ont­hou, om ge­ba­lan­seerd te bly.”

Hy was 14 toe die nu­we po­li­tie­ke be­de­ling werk­lik­heid word, deel van ’n groep wat lank as twee­de­klas-bur­gers be­skou is. Stoot dit jou nie nood­wen­dig ef­fens van ba­lans af nie?

“Ek was in ’n ‘ wit’ ho­ër­skool, E­ben D­ön­ges in Kraai­fon­tein. Vier brui­nes in ’n klas met 30 leer­lin­ge. Ek moes leer om my­self as ge­ly­ke te hand­haaf. Ja, ek het daai ding. Jy kan sê ek’s ’n dom Hot­not, le­li­ke goed van my ma. Maar moe­nie sê ek is lui nie. Dan vryf jy my ver­keerd op. Ek­self ver­staan dit nie lek­ker nie. My groot­ste vrees is dat men­se sal sê ek is ’n reg­stel­ak­sie-aan­stel­ling. Ek pro­beer el­ke dag be­wys ek is nie.”

Jy het van klein­tyd af jou eie geld­jies ver­dien Ja, Die Bur­ger af­ge­le­wer, in ’n Pnp-hi­per­mark ge­werk. My ma, Art­hu­ri­ne, was ja­re lank daar ’n promosie-as­sis­tent. Op >

Mo­ni­tor

saam aan,

FOTO WIL­LEM LOU­RENS

DAN­NY TOÜA

< “Die kor­rup­sie by die g­rens­pos­te was baie erg, maar ek het die on­ge­loof­lik­ste wil­de die­re soos o­li­fan­te en ka­meel­per­de ge­sien. En Ma­la­wi is steeds my guns­te­ling-land om­dat sy men­se so vrien­de­lik is.

“Ek ver­staan ook nou vrag­mo­tor­be­stuur­ders is die bloed wat deur die are van die e­ko­no­mie vloei. Kortom, son­der hul­le kan ek en jy nie kof­fie drink of kos eet nie. Daar­die ou­ens is dap­per en doen ge­vaar­li­ke en baie ver­ant­woor­de­li­ke werk.

“Wat ’n er­va­ring. Maar ek was dank­baar toe ek op 31 Ok­to­ber in Jo­han­nes­burg aan­kom. (Ne­ge e­pi­so­des van dié a­von­tuur is op You­tu­be te sien, ter­wyl Tv-pro­gram­me vir la­ter be­plan word. Tik One MAN kann om dit te kyk.)

By ’n re­stau­rant in die Kom­pan­jies­tuin in Kaap­stad sit Ri­aan met sterk kof­fie in een hand en met die an­der krum­mel hy ’n koe­kie vir ’n mak eek­ho­rin­kie ter­wyl hy met die grys par­mant ge­sels. Dié man met sy ru­we voor­koms se hart is maar klein, be­sef jy gou. Dis sy deer­nis met die mens­dom (en die­re) wat van die be­gin af haar hart ge­steel het, ver­tel Vas­ti. “Hy sal e­nig­ie­mand, juis dié wat soos rand­ei­ers voel, spe­si­aal laat voel.”

Hul trou­da­tum is nog nie vas­ge­stel nie, maar dit is om die draai. Ri­aan sê: “Ek wou al in Ma­da­gas­kar trou, maar Vas­ti sal be­sluit.”

Ri­aan se deer­nis met die mens­dom (en die­re) het van die be­gin af my hart

ge­steel

Die groot JA sal waar­skyn­lik in die hof ge­beur en daar­na sal hul­le ’n lek­ker ete met fa­mi­lie en vrien­de ge­niet.

“Hoe­kom sal ons R350 000 vir ’n troue be­taal? Ons is pri­vaat. Niks raz­z­ma­tazz nie. Ons sal eer­der die geld ge­bruik vir ’n reis van ses maan­de deur In­dië. Met ’n rug­sak, en plek-plek ’n lek­ker ho­tel. Dis haar keu­se.”

Deu­ren­tyd ver­wys hy na Vas­ti se wen­se. “Ja, met el­ke ge­dag­te wat deur my kop flits, dink ek eer­ste hoe dit haar vei­lig­heid of le­we sal be­ïn­vloed,” er­ken hy.

’n Eie ge­sin is gou op die kaar­te. “Ek het die laas­te ruk be­gin ag­ter­kom Vas­ti [nou 37] raak rus­te­loos. Ek is 42. Maar ’n vrou kyk ’n bie­tjie an­ders na die wê­reld. Daai ding van die bi­o­lo­gie­se klok wat tik, is waar. En sy het nou ’n bee in her bon­net oor kin­ders kry.”

Maar ook hý kan nie wag om pa te wees nie. “Ek wil huis­man wees. Be­dags klein­tjies groot­maak, kos­maak, die kin­ders na maat­jies neem om te speel en la­ter in hul le­we skool toe.” Hy wil nie vir e­wig ’n a­von­tu­rier wees wat op sy eie vreem­de plek­ke ver­ken nie. Hy wil een­dag ook ’n boek oor sy le­wens­ver­haal skryf. In­tus­sen on­der­soek hy moont­lik­he­de om be­trok­ke te raak by ’n te­le­vi­sie-reis­pro­gram.

“Ek praat sel­de daar­oor, maar ek het in ’n kin­der­huis in Ri­chards­baai in K­wazu­lu-na­tal groot­ge­word. Men­se vra my dik­wels hoe kan ek Vas­ti so lank al­leen laat ter­wyl ek my a­von­tu­re uit­leef. Maar al­leen­wees was my maat se­dert kin­der­tyd. Al­mal is soms een­saam. Jy maak maar ’n grap en kom oor die pyn. Ek het nooit ie­mand ge­had om my te mo­ti­veer of on­der­steun nie. Maar juis dít het la­ter een van my groot­ste gees­te­li­ke wa­pens ge­word in al my a­von­tu­re wat ek na­ge­jaag het.”

Toe hy van 2003 tot 2005 37 000 km per fiets deur 34 lan­de in A­fri­ka af­ge­lê het, was hy en Vas­ti twee Kers­fees­te en Ou­jaars­aan­de a­part. “Ons het ge­luk­kig vroeg in ons ver­hou­ding be­sef die ge­heim van ge­luk is om ook al­leen ge­luk­kig te kan leef. Jy kan nie ver­wag ’n man of vrou gaan jou ‘red’ nie. In 2008 was ons wél Kers­tyd saam op Ma­da­gas­kar. Maar vóór dit was ons ’n he­le paar keer nie by­me­kaar oor die fees­tyd nie.”

In 2009 het hy die eer­ste mens ge­word wat om die wê­reld se vier­de groot­ste ei­land, Ma­da­gas­kar, ge­ka­jak het – en net oor Kers­tyd het hy die spa­ne ’n bie­tjie neer­ge­sit.

Hy gee toe baie van die on­der­skrif­te by sy foto’s be­vat ook ’n e­le­ment van hart­seer. “Bloot om­dat ek dit op my eie

3. Kers­fees in Ga­boen, 2003. 4. Ri­aan en Vas­ti se eer­ste Kers­fees saam in ne­ge jaar in Ma­ha­jan­ga, Ma­da­gas­kar, 2008. 5. In die ka­juit van hul roei­boot op pad na die Ka­na­rie­se Ei­lan­de ty­dens hul Ta­ke me to New Yor­kreis. 6. Die be­gin van dié reis op 30 De­sem­ber 2013 in A­ga­dir, Ma­rok­ko. 7. Kers­fees in Ga­boen, 2003, toe hy per fiets om A­fri­ka ge­ry het.

kor­po­ra­tie­we ‘slag­ter’ ( cor­po­ra­te kil­ler) loop hom vas teen die sag­te staar van ’n go­ril­la, en be­gin huil, want vir die eer­ste keer in sy le­we is hy ge-aard,” voeg hy by. Die aar­de se in­vloed strek wyd. Chris Reid sê die nei­ging het eint­lik ge­lei­de­lik oor die laas­te paar jaar pos­ge­vat om­dat ons ál meer ver­wy­derd van die werk­li­ke wê­reld is as ge­volg van teg­no­lo­gie en so­si­a­le me­dia.

“Ons het ’n be­hoef­te aan die aar­de en na­tuur­li­ke din­ge, want dit is ou­ten­tiek – tas­baar in teen­stel­ling met die di­gi­ta­le ruim, waar din­ge so vloei­end is,” re­ken Chris.

’n Jo­han­nes­burg­se ten­dens­ken­ner,

Dié werk van S­tri­j­dom van der Mer­we is ge­maak op die strand by Groot-brak­ri­vier. Dis ge­ïn­spi­reer deur die rots­gra­vu­res by D­riek­opsei­land na­by Doug­las in die Noor­dKaap. Die won­der­li­ke is dat die hoog­ge­ty dit weer weg­spoel, sê hy. “Dis deel van die

si­klus­se van die na­tuur en le­we.”

Ni­co­la Cooper, s­tem saam. Die pen­du­lum het ge­swaai van YOLO ( you on­ly li­ve on­ce) en FOMO ( fe­ar of mis­sing out), waar men­se el­ke oom­blik van die dag wou be­sig wees, ook aan­lyn, na reg­te ( re­al) din­ge. Sy ver­dui­de­lik: “Weens ’n oor­ver­sa­di­ging van in­lig­ting be­geer ons een­voud. Ons smag na harts­kos, wil slaai uit ons eie groen­te­tuin pluk, ry fiets en stap in die na­tuur . . . As deel van ons be­si­ge le­wens, uit­put­ten­de loop­ba­ne en ’n ge­brek aan besteebare in­kom­ste is elk­een meer be­wus van haar eie rol bin­ne die glo­ba­le ge­meen­skap. Kortom, ons wil di­gi­taal de­toks.”

Ons bly mos maar die­re, maak nie saak hoe ge­so­fis­ti­keerd en ge­kul­ti­veerd ons wil wees nie, re­ken die san­ge­res, ak­tri­se en te­a­ter­ma­ker A­lexa Strachan. “Hoe meer ons die na­tuur pro­beer be­heer, hoe meer ver­vreem ons ons­self van ons we­se. Soms son­der om dit te be­sef.” Sy sê: “Hoe na­der ek aan die aar­de leef, hoe min­der af­we­sig voel ek in my eie le­we.”

Maar hoe be­ïn­vloed dié nu­we nei­ging my en jou? Aan jou lyf, in jou huis, en jou ple­sie­re?

Dit lei ons by­voor­beeld wan­neer ons geur-aan­ko­pe doen.

< Die diep­blou At­lan­tic Be­ach is as Plas­con se kleur vir 2016 aan­ge­wys. Dit her­in­ner aan die see, die he­mel en selfs die bui­ten­ste ruim.

Een van die vier hoof­trends wat Plas­con by hul voor­spel­ling vir 2016 uit­ge­lig het, was “uit die aar­de”. Dít dui op ons nim­mer­ein­di­gen­de ver­hou­ding met die aar­de, sê Fa­nie Cron­jé, SA­RIE se styl- en so­si­a­le re­dak­teur. “Aard­se to­ne soos sand­kleur, room, lig­grys, lig­blou, lig­pienk en sag­te groen is deel van die kleur­pa­let.”

Dink ook aan warm sons­on­der­gan­ge, die kleur van ’n maanhaar se pels, la­wa en die son, en jy ver­staan hoe­kom Dulux se ko­per-o­ran­je van 2015 ont­wik­kel het in Mo­narch Gold, sy kleur vir 2016.

“Ons het die aar­de nog al­tyd ver­bind met vrug­baar­heid en le­we. Dis dus te ver­sta­ne dat ons, in dié hi­per­mo­der­ne le­we, te­rug­keer na aard­se e­ner­gie,” ver­dui­de­lik die Kaap­se kuns­ken­ner en ont­wer­per Mi­cha­el C­hand­ler. “Maar dit is eint­lik ’n klas­sie­ke, tyd­lo­se nei­ging. Ons pro­beer ba­lans vind, ook in bin­ne­ver­sie­ring, deur rou e­le­men­te soos rots, lei­klip, hout en se­ke­re me­ta­le in te b­ring om ons meer te ‘aard’. Die mens is al dui­sen­de ja­re lank lief vir ter­ra­cot­ta­te­ëls, er­de­wa­re/ke­ra­miek en hout­meu­bels – al­les tyd­lo­se wen­ners.”

Groen her­won­ne glas­wa­re, ge­stof­feer­de meu­bels in aard­se kleu­re en die te­rug­keer van die pot­plant is groot nuus, voeg Ja­ke M­cal­len, aan­koop­be­stuur­der van @ho­me­li­vings­pa­ce.

“Van klein pot­plan­te tot dié met groot, im­po­san­te bla­re word nou in­ge­span. Muur­pa­pier met woud­to­ne­le of tro­pie­se tui­ne is ook ge­wild,” sê hy.

Min din­ge is so lek­ker soos om kuns in die na­tuur te be­leef. Land­skap­kuns word ook al hoe ge­wil­der.

“Het jy al ooit ag­ter ’n trek­ker ge­stap wat ’n stuk grond om­ploeg?” vra

van S­tel­len­bosch. “Dit is soos ’n hart­o­pe­ra­sie, die ge­boor­te van ’n ba­ba of her­ont­dek­king van die won­der van le­we. Die reuk van grond, swerms vo­ëls wat toe­sak om wurms te eet, die o­pen­ba­ring van die le­we in sy oervorm.”

Dié plaas­seun het in 1994 as gra­fie­se kuns­te­naar en do­sent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch be­dank om vol­tyds, deur land­skap­kuns, ons noue ver­bin­te­nis met die na­tuur oor te dra. Hy glo die voor­uit­gang in teg­no­lo­gie en in­dus­tri­a­li­sa­sie be­te­ken ons put méér uit die aar­de as wat sy kan bied. “Ons moet al­mal meer e­ko­lo­gies-in­tel­li­gent word,” sê hy. “Die aar­de jok nie, is op­reg en reg­uit. Sy laat ons vei­lig voel. Die teks­tu­re, kleu­re, reu­ke en vorms om ons is mý in­spi­ra­sie.”

Hy werk juis aan ’n groot in­stal­la­sie, “Con­ver­sa­ti­ons A­bout Con­ser­va­ti­on”. Sy kuns maak ons be­wus van ge­va­re soos be­soe­de­ling, hi­drou­lie­se bre­king en aard­ver­war­ming – ver­al om­dat land­skap­kuns nie vir e­wig be­staan nie en met­ter­tyd weer deel van die na­tuur word. Die vreug­de van vars groen­te, kruie en blom­me help om stres en de­pres­sie te ver­lig. Men­se voel ge­koes­ter in hul eie bly­plek en wil dit mooi maak. Om­dat vo­ël­kyk so ge­wild is, wil al hoe meer men­se ook ’n plek­kie skep waar vo­ëls in die tuin in die wa­ter kan speel,” sê Wil­le­ne.

Sy het nog al­tyd na aan die aar­de ge­leef. “My groot­ste wens is dat men­se sag­ter met die aar­de moet werk en meer re­spek vir grond en wa­ter moet hê.”

Tuin­maak is nou ook bin­ne woon­stel­be­wo­ners se be­reik. “Die ver­ti­ka­le ‘tuin’ in han­gen­de in­stal­la­sies teen die muur be­wys lank­al dat stads­men­se groe­nig­heid mis en die na­tuur bin­ne­toe b­ring,” meen Ja­ke.

En na­tuur­lik voel ons die aar­de ook aan ons lyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.