Beer Adriaanse
Hy is bedrewe as musiekmaker, skrywer, regisseur . . . maar Beer is die trotsste op die kyknet-reeks waarvan hy die regisseur is. “Dis die sameloop van vier jaar se harde werk, vandat ek en Jaco Smit [lees ook bl. ???] dit geskryf en toe ’n kortfilm gemaak het. Ons werk nou aan die tweede seisoen.”
Nog ’n hoogtepunt was om as tromspeler in Engeland te toer saam met die Afrikaanse rockgroep Zinkplaat. “Ons speel deesdae net so een keer ’n jaar saam, maar ek speel ook nog vir die instrumentale groep Mr. Cat & the Jackal.”
Dié liefde vir musiek en kreatiwiteit kom van sy ma, die romanskrywer Wilna Adriaanse. “My jonger broer, Jaco, skryf ook, so dis beslis in ons gene!”
Beer was al die organiseerder van feeste soos Avontoer, deur sy maatskappy De Plate Kompanjie, en is in klein rolletjies te sien in Vir Altyd en Boer soek ’n ou.
Vanjaar wil hy meer op toneelspel fokus. “Ek geniet veral komediesketse en sal ook eendag verhoogwerk wil doen,” sê hy.
< veertien het ek vir einste Die Burger begin beriggies skryf. Die R24 wat ek as betaling gekry het, was die mees amazing gevoel. Terwyl ek aan die Kaapse Technikon joernalistiek studeer het, was dit treingeld. Harde werk is in my gene. My pa, Wilson, het vir korrektiewe dienste en later as sekerheidswag gewerk. Hy het deeltyds matriek en daarna ’n teologiegraad voltooi. Vandag is hy predikant by die African Methodist Episcopal-kerk in Bellville-suid, soortgelyk aan die Metodiste. My ma is nou huisvrou en betrokke in die gemeenskap, kerk. Sy sê sy is besiger as die predikant! Hoe het die koerant-gogga gebyt? Ek was van graad nege by die skoolkoerant betrokke en het Naspers se kursus daarvoor bygewoon. Daar is ’n koerantfoto waar ek hand opsteek, so ’n maer, klein laaitie. Hulle het gesê stuur jul stories en ek het: ’n opinie-stuk oor tienerseks vir Jongburger. Dis gepubliseer en van toe af het ek hulle met stories gepes. Daar was selfs ’n paar misdaadstories uit my gemeenskap. Hoe lees jy deesdae koerant? Toe ek by die koerant was, was ek verknog aan die gedrukte media. Deesdae lees ek dit meer en meer aanlyn. So kan ek nuus van oor die wêreld kry. Ek het gister ’n gedrukte koerant by my ma-hulle gelees en daarna verskriklik genies. Dis nie meer ’n gewoonte nie, dit maak my vingers vuil! Die radio was ook altyd deel van jou leefwêreld. En al die radiopersoonlikhede huisvriende. Veral Cobus. Ek het nooit gedink ek sal eendag in daai stoel sit nie. In ’n stadium het ek gedink ek’s nie goed genoeg nie. Ek het nog nie regrets nie. Hoekom sal jy spyt wees? Die ure is ongenaakbaar. Jy kan nie moeg op die lug wees nie, dis ’n teken van disrespek teenoor die luisteraars. Hulle kan jou nie sien nie en vorm prentjies in hul kop met net jou stem as verwysing. As jy moeg, hartseer of weerloos is, vra hulle gou: “Haai, waar’s jou glimlag vanoggend?”
Saans lees ek ’n paar keer per week die Afrikaanse nuus op SABC2. Dis nie so maklik om daarna af te skakel nie. Ek kyk tot laataand internasionale Tv-nuus, flip . . . flip . . . flip tussen die kanale.
Smiddae is ek tot so eenuur by Monitor en probeer daarna ’n halfuur slaap. As ek te besig is – ek is die koning van die power nap. En kan op enige plek vyf minute indut. As dit moet, kan ek so twee keer ’n week met net vier uur se slaap regkom. Of luisteraars van jou hou, is nie altyd ’n rasionele ding nie. Jy dring hul privaatste ruimtes binne en as jy van die lug af verdwyn, soos Cobus met sy aftrede, kan dit seker voel asof iemand dood is. Ek het dit besef toe ek RSG se Saterdagaand-musiekprogram aangebied het. Luisteraars het eers nie van my gehou nie. Hulle sê sommer maklik op die sosiale media: Ag, wat weet jy nou? Later het ek besef mense begin aan my gewoond raak. Hulle het my musiekkeuses begin geniet. Die ironie is, ek het presies dieselfde goed gespeel. Die vreemdeling moes eers ’n huisvriend word. Kry jy soms vreemde oproepe van luisteraars? Toe ek nog my musiekprogram aangebied het, was daar ’n groot ondersteuner. Sy het my gereeld gebel, selfs in die week. Toe kontak haar suster my en sê sy is dood, sal ek ’n boodskappie vir haar uitsaai? Wat ek toe doen. Net om later uit te vind sy is springlewendig, dis syself wat my oor haar “dood” ingelig het. Jy en Anita Visser bied vlieg in tandem. Ek wou al lankal saam met haar werk, vandat ek op radio begin het. Ek hou van haar styl en ons het dieselfde werketiek. As jy gedink het ék werk hard . . . Monitor verg baie voorbereiding. As een nie sy kant bring nie, kan die verhouding vinnig versuur – dis hoekom ons uitsaai-huwelik so goed werk. Ons is albei werkesels. Vanjaar vier jy ’n wit Kersfees in New York. My eerste reis, op agtien, was juis Amerika toe. Dit was ook my eerste vliegtuigrit. My eerste wit Kersfees was in 2005 toe ek Media24 se korrespondent in Londen was. Ek gaan New York toe saam met ’n vriend wat ek byna so lank soos myself ken. My en Morné [Meyer] se persoonlikhede verskil baie. Ek sal waarskynlik alles wil doen waarvan hy nie hou nie. Museums, die New York Trade Center besoek, by boheemse koffieplekke uithang. Hy sal saans wil jol en dan laatslaap. (Maar moenie vir die gemeente sê nie . . . Hy’s ’n predikant.) Wat is jou gunsteling-wêreldstad? Buenos Aires, hoewel ek nie gedink het ek gaan daarvan hou nie. Ek kan die stad steeds hoor asemhaal as ek stilsit, dis asof dit vir jou sing. Ek hou van die kultuur, die mense wat negeuur saans begin regmaak vir aandete en dan tot watter tyd kuier. Sulke passievolle, vriendelike mens-mense. Byna soos Suid-afrikaners op ’n goeie dag! Parys lê jou ook na aan die hart. Hoe laat die terroriste-aanval in November daar jou voel? Dit was by die einste Stade de France-stadion, wat deur terroriste geteiken is, waar ek in 2005 my longe uitgeskree het vir die Bokke. (Ons het 20 – 26 verloor.) En ek verbeel my ek onthou nog die kortpaadjies tot by Parys se 10de distrik waar Isis-skurke op onskuldiges by die Le Petit Cambodgerestaurant losgebrand het. Ek kan nie help om te wonder of die wêreld nou regtig mal geword het nie . . . Hou jy van mense om jou? Ek hou ook van my stiltes, ek is ’n bietjie van ’n loner. Huis toe gaan en die deure toetrek, soms nie eens die TV aansit nie. Dis hoe ek herlaai. Maar ek put baie energie uit mense se stories. Skep moed uit wat hulle deurgaan. Ek probeer om onvertelde stories ’n stem te gee, in my rubriek in Die Burger, Beeld en Volksblad en selfs op Monitor. Om nie net