Sarie

‘Ek het die jawoord gevra!’

Riaan Manser se grootste avontuur

- DEUR STILERING

MARGUERITE VAN WYK rie maande lank het hy die diamantrin­g in die regtersak van sy jeans gedra . . .

“Ek wag altyd vir die régte oomblik, dinge moet perfek wees,” erken hy.

In Madagaskar, op die eiland Nosy Be, besluit hy toe op 22 Augustus verlede jaar dis nóú sulke tyd. En só, reken Riaan Manser, begin een van sy grootste avonture nog. “Ek het die hele oggend in die geheim met die ring in my hand gespeel. Toe begin ek en Vasti oor iets simpels stry en ek dog, wel, miskien is vandag nie die dag nie.” Maar dié man, met tonne testostero­on, se sagte hart het ingegee.

Vasti vertel: “Ons het nog grappies gemaak. Ek het gelag, kop agteroor, oë toe, en toe ek my oë oopmaak, is hy op sy knieë . . . Ek het dit glad nie verwag nie.”

Madagaskar is haar gunsteling­eiland, en toe Riaan mense op ’n kajakbesig­tigingsavo­ntuur in walvis-waters geneem het, het sy saamgegaan.

“Shame, sy was so verbaas. En toe begin sy huil,” vertel Riaan. Maar hy het ook gesê: “Weet jy hoe byna is geen ring vandag aan jou vinger gesteek nie omdat ons baklei het?” Waarop sy heerlik gelag het.

Vasti is nie iemand wat sedert kleintyd droom van trou nie. “Ons ken mekaar al sestien jaar lank, waarvan ons veertien saamleef. Ons deel ’n lewe op ons animal farm op Bettysbaai in die Wes-kaap – dit is mos wat jy doen as jy vir iemand lief is. Ek wou altyd saam met hom wees. Getroud of nie. Trou definieer nie ons verhouding nie.”

Hul dierekinde­rs is: Jodie, ’n bokser, Shaka, ’n Deense hond, en Jack, ’n kruising van ’n paar rasse. Daar is ook vier katte, Pete, Maya, Jane en Seven, asook Potbelly, ’n troetelvar­k.

Vasti is onlangs as advokaat tot die balie toegelaat en is mal oor die regte. Haar lewe was vervuld. Maar toe Riaan sê: “Alle grappies op ’n stokkie. Sal jy met my trou?” en die klassieke diamantrin­g van 1,4 karaat (“eenvoudig, soos ek daarvan hou”) aan haar vinger steek, was sy diep gelukkig.

Sy wil saam met hom oud word. “Riaan is my beste vriend, ek is mal oor sy humorsin, hy is die aantreklik­ste man, ek is vreeslik lief vir hom. Hy is my maatstaf vir ’n man . . .”

Sy glo nie daar is net een mens op aarde by wie ’n mens pas nie. “Maar ek is so dankbaar dat God Riaan vir my gegee het.”

Hy glo nie aan Valentynsd­ag nie, maar bederf haar enige tyd van die jaar met geskenke. “Ons hoef nie 24/7 bymekaar te wees of heeltyd te sê ons is lief vir mekaar nie,” sê hy.

Dit is juis wat Vasti van hom waardeer. “Hy het my geleer jy moet wýs hoe lief jy mekaar het. Woorde is dikwels leeg, sonder aksie.”

Om dié rede pla dit haar nie as hy dikwels sy eie ding doen nie. Sy weet mos baie van dié avonture doen hy ook om geld te maak vir hul toekoms.

Net ’n week ná hul verlowing, op 4 September, het hy trouens in ’n 24-ton-trok op die #Onemankann­reis van Pinetown, naby Durban, vertrek. Hy en sy mede-trokdrywer, Nduna Chari, ’n Zimbabwiër, het oor elf grensposte en deur nege lande, waaronder Botswana, Zimbabwe, Malawi, Kenia, Mosambiek en Tanzanië, gereis.

“Dit was die ongeloofli­kste kans om Afrika vanuit die perspektie­f van ’n vragmotorb­estuurder te sien, 13 000 km ver. Elke dag was tough,” sê Riaan. “Maar nóú kan ek ’n vragmotor bestuur, hoewel dit aanvanklik baie moeilik was. >

beleef het. Ek kon dit nie deel nie.

“Vanjaar hou ons saam met haar ouers, Boy [’n oud-dominee en voormalige LP en ambassadeu­r], en ma, Callie, op Vishoek Kersfees. Ek wil nêrens heen gaan nie, ek soek rustigheid.”

Gelukkig het Vasti besef wie sy kies. Toe hy haar in 1999 in ’n pragtige ouskoolse kroeg in Kaapstad ontmoet het, het hy al vir haar gesê hy doen dinge op sý manier. “As mense vir my sê hoe iets gedoen moet word, vra ek altyd hoekom? Sy het besef sy gaan nie ’n agttot-vyf bankier kry nie. Maar ek gaan dalk lekkerder stories kan vertel as só ’n ou. En sy was bereid om my te kies.”

Hy is mal oor haar omdat sy so sterk op haar eie is. “As ek na Vasti kyk, sien ek krag. Sy is gek oor haar beroep, het genoeg vriende, is mal oor ons troeteldie­re, en oefen gereeld op haar bergfiets [’n present van hom aan haar]. Verlede jaar het ons die Cape Epicbergfi­etstoer van agt dae lank en sowat 800 km voltooi.

“Vasti doen regtig álles vir my. As sy my klere was, doen sy dit met liefde. Sy hou die huis skoon, want sy wil dit vir my lekker maak. Sy braai selfs vir my. As ek wil help met die skottelgoe­d, stuur sy my uit en sê sy doen dit beter. Maar ons vul mekáár ook goed aan. Sy het my geleer om eerliker oor my emosies te kommunikee­r. Daar is krag in saamwees. Sy hoef nie stellings oor vroueregte te maak nie. Wie en wat sy is, spreek vanself.”

In 2014 het die twee hul Take Me to New York-reis van vier en ’n half maande aangepak – toe hulle 10 765 km van Noord-afrika na Amerika geroei het. Nou sê hy grappender­wys daar is nét twee mense wat verhouding­sterapeute kan wees. “Jy kyk nou na die een,” lag hy. “As jy só lank alleen saam tyd deurbring op die water, leer jy waardevoll­e verhouding­slesse. Ons deel dit graag,” lag hy.

Hy het die wêreld se respek vir hoe Vasti hóm gemotiveer het tydens daardie trip. “Sy is logies. En dít is al wat werk met my. Soms sou ons dertien uur aaneen roei en nóg drie uur lê voor. Ons sou debatteer oor hoe ons dit gaan doen. Dan sou sy net sê: ‘ Wel, dit moet gedoen word. Hoe gouer, hoe beter.’

“En só hanteer sy als. Met ons voorbereid­ing vir die Cape Epic was dit moeilik om soggens vieruur te oefen. Wie wil nie eerder nog cuddle met die troeteldie­re in die bed nie? Maar sy het bloot gesê: ‘Riaan, ons het nie ’n opsie nie. Dit is al hoe ons gaan fiks word.’”

Vasti reken weer hý is die een wat weet hoe om haar ekstra woema te gee in tawwe situasies . . .

Hulle geniet dit om mense van hul lang reis op see te vertel. “Dis ’n voorreg om mense te inspireer met al my avontuurst­ories en dis ’n groot deel van my werk,” vertel Riaan.

Sy grootste lewensles is hoe dankbaar en bemagtig jy voel ná jy ’n doelwit bereik het. “Ek hou van die Amerikaner­s se idee van thanksgivi­ng. Ek voel dankbaar oor my lewe. Dikwels praat ek en Vasti met mekaar oor ons seëninge. Daar is deesdae soveel mense wat ‘avonturier­s’ wil wees met die doel om liefdadigh­eid

Ek wil huisman wees.

Bedags kleintjies grootmaak, kosmaak, die kinders na maatjies neem

te steun. Of hulle het toksiese skuldgevoe­lens en glo hulle moet ander help sodat hulle beter kan voel. Maar eintlik moet jy net jou deel doen en herlaai tydens die avontuur sodat jy daarna, uit dankbaarhe­id, wil teruggee.”

Sy liefdadigh­eidsorgani­sasie, No Food For Lazy Man, help agtergeble­we kinders in Suid-afrika om eendag hul drome te bereik. “Ons doen soveel moontlik liefdadigh­eidswerk en help onder meer die Suid-afrikaanse Kinderwels­yn en die Nasionale Seeredding­sinstituut.

“Ons glo aan dankie sê.”

Ongetem,met testostero­on wat deur sy lyf pols, speel hy kitaar. Maar die stad raak vir hom te veel. Met sy ou motor, ’n Dodge Charger, kies hy koers die woestynlan­dskap in. Net hy en die oop pad. ’n Bison slof verby, ’n prêriewolf raak parmantig en ’n arend klief deur die lug.

Graaf in die hand klim hy uit en begin grond omdolwe in die onherbergs­ame landskap. En dan begrawe hy sy juweliersw­are . . . die simbool van sy terugkeer na sy ware, wilde aard.

< In dié smeulende advertensi­e vir Dior se nuwe mansgeur, Sauvage (die Franse woord vir wild en primitief), is die akteur Johnny Depp die toonbeeld van ongetemde manlikheid.

Volgens die modehuis Dior wou hulle met Sauvage ’n vars mansreuk skep. ’n Radikale geur vir die outentieke, natuurlike man. Dalk die einde van die metroman? Want dié ongetemde voorkoms is ’n groot trend deesdae – kyk maar na al die wilde baarde wat weer onder rugbyspele­rs in die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in Engeland te sien was.

En dis nie net op die rugbyveld nie. Baardmanne is orals om ons. Navorsers aan die Universite­it van WesAustral­ië het bevind mans wil glo só met mekaar wedywer, baie soos die primate van ouds. Die baardbriga­de reken daar’s deesdae soveel kompetisie dat vroue eerder die ruwer voorkoms verkies as hulle ’n maat soek, want dié mans lyk meer sexy, aggressief en selfs magtig. (www.telegraph.co.uk/men/)

Maar die meer aardse, natuurlike neiging strek veel wyer as net voorkoms, sê trendkenne­rs. Jy sien die terugkeer na die aarde oral, van kuns en dekor tot toerisme word hierdeur beïnvloed, reken Chris Reid, tendensgho­eroe van die Internatio­nal Trend Institute in Durban.

Die ekoloog Dave Pepler, hoof van die Akademie vir Omgewingsl­eierskap naby Upington, sê hoe vinniger ons nader aan die aarde beweeg, hoe beter sal dit vir ons siele wees op die lange duur.

“Modder tussen ons tone, die reuk van ’n nat woltrui en ’n smeulende komposhoop teen dagbreek is slegs grepe uit ’n aardse roman. Leer jou kinders om aan alles te ruik – die hemelse en die afstootlik­e, want slegs dán kan hulle vergelyken­d omgaan met boodskappe op die wind,” sê Dave. Hulle kan dus deur middel van reuk meer oor die aarde leer.

“Reuke het die wonderbaar­like vermoë om die aarde na ons te bring, al leef ons onder beton en staal,” verduideli­k hy.

“Ek sien dit elke dag, ’n keiharde

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa