Dinge kook by SARIE kom kuier saam!
Wees deel van ons Sarie-wêreld tydens die feesnaweek van 4 – 6 Maart 2016 kom ervaar jou 3 gunsteling-tydskrifte, SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON!
IN ONS WÊRELD IS DINGE KREATIEF, KLEURRYK, BESIG EN GEMOEDELIK – INSPIRASIE VAN A TOT Z.
Dís wat jy kan verwag wanneer jy in Maart saam met SARIE by die Gallaghar-konferensiesentrum in Midrand kom fees hou!
Al ooit gewonder wat inspireer die tydskrif om te doen wat ons doen, of hoe ons kosredakteurs, Barbara en Herman, gedurig met nuwe smake vorendag kom, en hoe ons dekorredakteurs, Anita en Lounette, elke keer verstom met mooi en slim idees? Jy hoef nie meer te wonder nie, want ons gaan jou vertel en sommer wys ook. Jy gaan letterlik voel jy stap deur die bladsye van SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON. Ons kan nie wag om jou te ontvang nie; dit is immers ook jóú wêreld.
Tot ons mekaar in die nuwe jaar sien!
Koop vooraf kaartjies vir die oggend- of die middagsessie teen R150 per persoon
per sessie by