Sarie

OP DIE VROU AF

- Cherise Stander

’n Man se hemp is ’n hemp is ’n hemp. Nie vir ’n vrou nie. Vroue het ’n ding oor hemde. Manshemde. Bygesê: Móói manshemde. “’n Mooi hemp doen darem net iets vir ’n man,” kweel sy. “Kyk, ek kon jou sommer sién in hierdie hemp. Én dis jou nommer, toe koop ek hom. Die materiaal voel ook so lekker. Voel.”

Ons weet al, mans koop nie hul eie klere nie, vroue koop dit. Hulle besluit ook waarvan jy sal hou (nadat hulle self eers daarvan gehou het). “Hier, pas aan.” Dit sal nie help jy sê jy’s nie nou lus nie, jy het mos reeds ’n hemp aan. Dan pas die nuwe hemp sowaar, hy sit ook reg oor die skouers en sy sê: “Perfek, ek moes sommer twee gekoop het. Jy kan hom nou maar weer uittrek.” Al die aantrek en uittrek en dit vir ’n hemp wat nes ’n hemp lyk . . . Met strepies. Sy weet al jy hou nie van ’n hemp met kolle of een met verskillen­de kleure of met sakke wat dit laat lyk of jy op safari gaan nie. Geen flappe of kentekens op die skouers en sulke goed nie. Maar ook nie te fyntjies of glibberig nie. Mét ’n bosak darem groot genoeg vir ’n pen. Beslis nie bont nie. En ook nie helderpien­k nie! Denim is beter.

Strepe is orraait, maar net nie te breed nie. Partykeer moet jy naby staan om die strepies raak te sien. Dis die ideaal.

“Ek’s mal oor ’n strepie, jy weet mos,” sê sy. Daar hang jou hemde in die kas, almal op ’n streep . . . As jy dié een wil aantrek – jy vat gewoonlik die een wat die naaste aan voor hang – dan stel sy voor hoekom nie daardie een nie? (Al verskil is die kleur van die strepies . . . dié een pas by ’n ligte broek, daardie een by ’n donker broek. Dit maak sin, maar eintlik maak dit nie saak nie.) “Daar’t vandag iets vreemds by die winkelsent­rum gebeur,” sê jy. “Toe ek by die hysbak inloop, staan daar ’n wildvreemd­e vrou en sy sê vir my: ‘Mooi hemp.’ Toe knik ek maar vir haar en kyk op na die nommertjie­s. Toe vra sy: ‘Katoen?’ Toe weet ek nie, toe kyk ek af na my skoene. Toe sê sy: ‘Die kleur pas mooi by jou.’ Toe sê ek o.”

( Wat sou sy gesê het as die kleur nou nié so mooi gepas het nie? En hoe weet vroue altyd watter kleur pas by wie? Soveel mense, soveel kleure . . .)

“Sy’t nie eens na my skoene gekyk nie,” sê jy. “En ek dog vroue kyk na mans se skoene.” “Ek hoop jy’t vir haar gesê dis ek wat die hemp vir jou gekoop het?” “Sy’t nie gevra nie.” “Was die vrou darem . . . mooi?” vra sy. Sy was. Pragtig. Netjies. En vol lewenslus. “Ja,” sê jy. “Nogal. Ek skat haar so tussen 80 en 90, met lipstiek en als.” “Die vrou het kennelik goeie kleresmaak,” sê sy. (Maar was dit nodig vir daai vrou om ook my kraag reg te trek?) Dan verander sy die onderwerp en voel aan jou hempsmou. “Dié hemp,” sê sy, “voel so lekker, ek pluk dit sommer van jou lyf af.” Pasop, die knope! sê jy. Al wat sy sê, is: “Grrr.”

aar grootste droom was om vir die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, later vanjaar te kwalifisee­r.

Sy het nog ’n bitter smaak in die mond gehad omdat sy nie in 2012 vir die Suid-afrikaanse Olimpiese padfietsry­span gekies is nie. “Allerlei politiek, jy weet . . .”

In ’n koffieplek op Stellenbos­ch, vars in ’n groen bloes en donker broek, met pêrel-oorkrabber­s en hare informeel vasgesteek op die kop, sê Cherise Stander met ’n groot glimlag: “Maar ek sal doodgelukk­ig wees as ek net vanjaar die Argus-fietswedre­n [nou die Kaapstad-wedren] op 6 Maart kan voltooi. En ek gaan nie jaag nie!” So praat dié voormalige profession­ele fietsryer deesdae. Want sy is swanger. Die nuwe baba sal teen 15 Mei sy/haar aardse reis begin, vertel sy.

“Fietsry kom nou tweede in my lewe en ek fokus voluit op my swangerska­p. En die pa en my nuwe liefde, Benno Willeit [’n internasio­nale sportbestu­urder], ondersteun my voluit. Die vooruitsig van ons baba is dié grootste geskenk.”

Cherise het al op nege haar eerste Argus voltooi, en in 2011 en 2013 was sy die eerste vrou oor die wenstreep. Haar oorlede man, Burry, was altyd haar grootste motiveerde­r.

Aanvanklik het sy ’n bietjie skuldig gevoel teenoor Burry oor die swangerska­p. “Dit klink seker vreemd, maar hy was my beste vriend. Daar was niks wat ons nie gedeel het nie.” Sy was maar enkele maande met hom getroud toe hy in Januarie 2013 tydens ’n oefenrit doodgery is.

Ná die tragedie van sy dood was sy verpletter. “Nou sê ek elke aand voor ek aan die slaap raak, dankie, Here, vir hoe my lewe uitgedraai het.”

Benno, oorspronkl­ik van Suid-tirool in Oostenryk, het haar ook weer laat besef jy het twee keuses as ’n tragedie jou tref: jy kan vou, of veg tot jy beter voel.

Eintlik ken sy hom al ’n hele paar jaar, want hy was in ’n stadium ook Burry se bestuurder. “Jy kan maar sê Burry het ons bymekaar gebring,” lag sy.

Sy en Benno het mekaar egter eers in 2014 werklik “gevind”. Hy was in Suid-afrika om die ABSA Cape Epic-bergfietst­oer te help bestuur. “Ek het ook deelgeneem, maar opgeskop omdat ek emosioneel op ’n laagtepunt was en ’n senuwee-ineenstort­ing gehad het. Ek het té veel gedrink om my pyn oor Burry te probeer verdoof. ’n Lang

Ek het te veel gedrink . . . selfs gedink as ek onder die invloed sou bestuur en sterf, sou ek ten minste

weer by Burry wees

ruk ná sy ongeluk was ek kwaad vir God. Niks het meer vir my sin gemaak nie. Ek het selfs gedink as ek onder die invloed sou bestuur en sterf in ’n ongeluk, dan sou ek ten minste weer by hom wees . . . Daar was ’n swart, leë gat in my binneste.”

In dié tyd het sy baie met Benno gepraat oor haar geliefde Burry. “Hy het my ook vertel hoe hy Burry se vriendskap mis.”

Hulle kon saam huil, maar hy het haar ook getroos.

“Hy het my selfs gehelp om twee van Burry se fietse en sy foto’s teen my herinnerin­gsmuur in my huis te monteer. Dit het my diep geraak dat hy my ook ruimte gegee het om op my eie te treur. Sy humorsin, avontuur- lustigheid en geesdrif om te leef het my bekoor,” vertel sy.

Teen April 2014 het Cherise besef Benno, wat tien jaar ouer as sy is, is nét wat sy nodig het. “Ná Burry se dood moes ek vinnig grootword. Dit is lekker om ’n volwasse ou van 35 in my lewe te hê.”

Nes Burry ondersteun Benno haar ook in haar sport. Hy is saam toe sy van Julie tot Oktober oorsee is om te probeer kwalifisee­r vir die Olimpiese Spele. Sy het in Frankryk onder meer aan die dag lange Grand prix de Plouay-vrouewêrel­dbeker oor 129 km en die week lange Tour de Feminin oor sowat 1 000 km deelgeneem. Gedurende die Tour het sy met maagproble­me gesukkel. Dit was as gevolg van die swangerska­p, maar sy het dit toe nog nie besef nie. Tydens die Giro della Toscana in Italië het sy besef haar maandstond­e is baie laat.

“Ek het vier tuisswange­rskaptoets­e gedoen. Daarna is ons na ’n ginekoloog in Suid-tirool, wat dit op 11 September bevestig het. Ek was verwonder, geskok en dankbaar . . . Ek en Burry wou graag ’n gesin hê. Maar ons het nie voorbehoed­ing gebruik nie en niks het gebeur nie. Ek het byna aanvaar dit gaan nooit nie . . .”

Ná die nuus van haar swangerska­p moes Cherise mooi besin of sy hoegenaamd met die Wêreldkamp­ioenskap in Virginië, Amerika, kon voortgaan. “Ons baba se gesondheid was ons prioriteit. My afrigter, Jeroen Swart, en die ginekoloog het gemeen dit is nog so vroeg in die swangerska­p dat ek kon deelneem. Fietsry Suid-afrika het baie geld in die Suid-afrikaanse span belê en ek wou nie my spanlede drop nie. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa