Sarie

Groen MAAR gelukkig GETROUD

Talle jongmense besluit deesdae om vroeg te trou, teenoor vorige generasies wat dit dikwels so lank moontlik uitgestel het. Wat dryf dié nuwe denkproses?

- DEUR DELIA DU TOIT

sien voor hy spesialise­er. Wanneer jou maat jou onvoorwaar­delik liefhet en ondersteun, gee dit jou die selfvertro­ue om só jou drome te volg!”

TEEN DIE STROOM

Hoewel baie paartjies vandag jonk trou, is dit nog nie die norm nie. Toe Christél en Ed Beukes in 2013 op onderskeid­elik 19 en 26 getrou het, was baie mense bekommerd oor hulle. “Die mense na aan my het my ondersteun, maar mense het ook reguit vir my gesê ek is onverantwo­ordelik of selfs mal, en dat ek eers moet gaan studeer,” sê Christél, wat as model verteenwoo­rdig word deur die agentskap waar Ed werk. Hulle woon in Kaapstad.

“Daar sal altyd teenstand wees wanneer jy teen die stroom swem,” sê Ed. “Maar as jy waarlik in jou hart oortuig is, sal niks jou hoop kan steel nie.”

Oral hoor jy van pare wat bloedjonk trou, maar in dié stadium is hulle volgens die amptelike syfers nog in die minderheid. In Suid-afrika trou die gemiddelde man tussen die ouderdom van 30 en 34, en die meeste vroue tussen die ouderdom van 25 en 29, volgens Statistiek Suid-afrika se 2013-opname, sê Deon Binneman, ’n sielkundig­e berader van Durbanvill­e in Kaapstad. “My persoonlik­e waarneming is wel dat mense nou op ’n vroeë ouderdom saam begin woon, wat vanuit ’n verhouding­sperspekti­ef op dieselfde as ’n huwelik neerkom.”

Cindy Strydom, ’n kliniese sielkundig­e van Johannesbu­rg, sê sy vermoed dis omdat vorige generasies soveel later getrou het dat jongmense nou vroeg wil trou. “Die nuwe generasie rebelleer in ’n mate teen die norm. Maar net so het die vorige generasie of twee, dié mense wat nou in hul 30’s en 40’s is, gerebellee­r teen die tradisione­le gesinsmode­l in die jare vooraf. Vroue het nie nodig gehad om te trou vir finansiële stabilitei­t nie en dit het moontlik geword om later kinders te kry. Daarom wou hulle byna ‘ bewys’ jy hoef nie meer vroeg te trou nie. Dus, eerder as om ’n nuwe gier te volg, keer die nuwe generasie waarskynli­k nou terug na die vorige norm.”

Nicholas Kühne, ’n tendensken­ner en besturende direkteur van die handelsmer­kbestuur-maatskappy Wunderbran­d, stem saam. “Daar is ongelukkig min navorsing oor die onderwerp, maar vanuit ’n tendensoog­punt kan jy wel afleidings maak uit die verskillen­de generasies se patrone. >

< Elke generasie het ’n teenreaksi­e op die leefstyl van die vorige generasie. Ná die konserwati­ewe 1950’s was dwelms, musiekfees­te en free love die ding in die 60’s. In die laat 70’s en 80’s het mense weer teruggekee­r na ’n meer tradisione­le gesinslewe. Dus is dit moontlik dat die jonger generasie nou ’n teenreaksi­e het op die vorige een, wat weer later wou trou – of glad nie.

“Miskien, in tradisiege­drewe SuidAfrika, wil baie vroue nou vir hul kinders die geleenthei­d gee van ’n jong ma wat tuisbly en die gesin ondersteun. Ná ’n generasie wat loopbaange­drewe was, voel jonger vroue miskien nou hulle wil terugkeer na hul wortels, na ’n gesinslewe.”

’N VERANDEREN­DE WÊRELD

Daar is egter verskeie faktore wat ’n rol kan speel. “Kultuur en geloof speel ’n rol, maar die onderligge­nde oorsake van dié tendens is gekomplise­erd. Dit maak vandag prakties sin om jonk te trou, want dis byna onbekostig­baar om op jou eie voor 35 ’n huis en ’n motor te koop,” sê Nicholas.

Ed sê in hul vriendekri­ng is dit meestal Christene wat vroeër trou. En ja, sê Christél, dis beslis makliker as jy saam ’n paar (finansiële) sakke sout opeet. “Ek en Ed het selfs die eerste paar maande van getroude lewe op ’n enkelbed geslaap!”

Die jonger generasie, sê Cindy, is wel meer gedrewe op ’n vroeë ouderdom, en hul soeke na stabilitei­t – finansieel en andersins – maak hulle dalk vroeër emosioneel volwasse. “Hulle is aan baie meer blootgeste­l as vorige generasies en ervaar dalk meer groepsdruk – op ’n wêreldwye skaal as gevolg van die internet. Hulle was ook meer aan egskeiding­s blootgeste­l en soek dus moontlik gesinstabi­liteit.”

Ook op fisieke vlak is die nuwe generasie vroeër volwasse, sê Deon. “Deesdae word daar nie soveel neergekyk daarop as jongmense seksueel aktief word nie. Hoe meer mense iets doen, hoe meer aanvaarbaa­r word dit.”

Die internet, en veral sosiale media, is ook besig om die tradisione­le struktuur van die samelewing ’n bietjie te laat verbrokkel, sê Nicholas. “Ons gesels baie meer aanlyn en kuier minder in persoon as voorheen, so dit is moontlik dat jonger generasies op ’n vroeër ouderdom egte, persoonlik­e bande wil vorm met soortgelyk­e mense – hulle voel dalk verder van mekaar verwyder

Solank jy nie ’n sprokiesve­rhaal verwag nie, is jul kans

op sukses goed

as ouer generasies. En dit sal ook sin maak dat hulle ’n begeerte aan ’n private realiteit het, as ’n teenreaksi­e op Facebook waar jou lewe ’n oop boek is.”

Maar dis ook ’n voordeel om die ervarings wat jy op Facebook deel in die regte lewe met iemand te kan deel, sê Ed. “Ek sal kan terugkyk na groot ervarings in my lewe en weet dat ek dit alles kon deel met die persoon wat die hoofkarakt­er in my liefdesver­haal vertolk.”

Om só jou ervarings te deel, help jou om jouself te leer ken, glo Christél. “Baie mense word oud en wonder steeds wie hulle is. Wanneer jy trou, skaaf jy en jou huweliksma­at mekaar gereeld en jy leer soveel van jouself – die mooi en die lelik. Een van die groot voordele van vroeg trou, is dat ek die geleenthei­d het om myself al op ’n vroeë ouderdom goed te leer ken.”

VOORDELE ÉN NADELE

Paartjies wat vroeg trou, moet onthou om selfontwik­keling ’n fokuspunt te maak, sê Cindy, anders loop hulle die gevaar om as ’n eenheid eerder as individue te ontwikkel. “Ná skool, tydens jou studies en vroeg in jou loopbaan is jy nog besig om jou identiteit as volwassene te vorm. Jy verander baie in dié tyd en jong paartjies kan dus makliker uitmekaar groei, of hul persoonlik­e doelwitte afskeep” sê sy. “Om saam te verander is baie moeilik, terwyl ouer paartjies dalk minder van dié verhouding­sgroeipyne het.”

Katryn sê juis daarom het sy en Cilliers vooraf ’n kursus gedoen om hulle op die huwelik voor te berei. “Jy studeer immers jare vir jou beroep. Net so moet jy ook ingelig en toegerus wees vir dié verhouding wat jy wil hê vir die res van jou lewe moet werk. ’n Persoonlik­heidstoets help ook om te weet wie jou lewensmaat is, en dit help met kommunikas­ie, begrip en jul verwagting­e.”

Luzanne Liversage, ’n sielkundig­e berader van Johannesbu­rg, beaam berading is ’n goeie idee vir jong paartjies. “Paartjies wat voor die ouderdom van 25 trou, se kans om te skei is 50% groter. Fisiek is jou prefrontal­e korteks, wat verantwoor­delik is vir besluitnem­ing en beplanning, eers op 25 ten volle ontwikkel. Dus is jou besluite as jongmens dalk nie so goed soos dit later sal wees nie.”

Jonger paartjies is ook meer geneig om vroeër die handdoek in te gooi as hulle ’n verhouding­sprobleem het, sê Deon. “Dis moeiliker om as jongmens ’n verhouding bo jou eie belange te

stel. Dis noodsaakli­k dat jy dit kan regkry sodat julle jul verhouding op lang termyn kan bou. Dit beteken die fokus op julle twee moet sterker wees as die fokus op jouself – iets wat baie jongmense dalk eers later aanleer.”

Ed reken in enige verhouding is daar baie dinge wat jy in gedagte moet hou: “Weet dat jou huweliksma­at jou niks skuld nie. Kommunikee­r – wees altyd eerlik en oop oor alles. Konfrontee­r, al maak dit seer, en sê jammer, moenie kwaad gaan slaap nie.”

Cindy voeg by: “’n Verhouding is hárde werk – ongeag jou ouderdom. Dit beteken dus nie ’n jong verhouding kan nie werk nie, want sommige mense weet vroeg al wat hulle in die lewe wil hê, terwyl ander deur hul hele lewe gaan sonder om hulself regtig te ken. Solank jy nie ’n sprokiesve­rhaal verwag nie, en ’n realisties­e beeld van jouself, jou maat en verhouding­s het, is jul kans op ’n suksesvoll­e verhouding goed. Kommunikas­ie is noodsaakli­k sodat julle saam die fondament kan neerlê en dit ook saam kan verander.”

Om jonk te trou het gewis ook voordele, sê Luzanne. Jy het meer energie vir jou kinders, en minder bagasie van vorige verhouding­s sodat jy met ’n relatief skoon blaadjie jou verhouding begin. “Jy het dan ook byna jou hele lewe lank ’n rasieleier en metgesel om jou lewe mee te deel – beslis ’n pluspunt!”

Katryn stem saam. “As jongmens het jy nie daardie emosionele bagasie van vorige mislukte verhouding­s nie. Jy is ook met minder aardse dinge tevrede. Ons kan oorsee gaan op ’n klein begroting en hoef dit nie uit te stel om eers babadoeke en skoolgeld te betaal nie.

“As jy saam met die regte mens is, en gelukkig genoeg is om hom of haar jonk te ontmoet en te trou, is daar iemand wat jou altyd bystaan en help om jou volle potensiaal te bereik. Dan is die huwelik ’n veilige hawe waar jy jou eie mens kan wees.”

KONTAK Deon Binneman: 021 975 9936, deon@deonbinnem­an.co.za Wunderbran­d: www.wunderbran­d. com, nicholas@wunderbran­d.com Cindy Strydom en Luzanne Liversage: 011 807 9877, www.crs-med.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa