Sarie

DUBBEL SOVEEL WERK BETEKEN JY HET TWEE KEER SOVEEL VRIENDE NODIG Ek maak seker ek bring genoeg tyd deur met Chris en James (byna 2), want dis goed vir my siel.

*

- Rozanne Rozanne

Shawn moes Harvard-eerstejaar­s help om by hul meer stresvolle, mededingen­de omgewing aan te pas. Baie het in die biblioteek geleef, maar nie beter gevaar nie. Hulle het veel eerder uitgebrand; of aansoek gedoen om ’n oorplasing na ’n ander universite­it toe. Want hulle het hulself onwetend afgesny van sosiale verhouding­s, wat volgens studies die grootste voorspelle­r van geluk is. “Dit troef alle ander dinge, keer op keer. Mense wat stres die beste hanteer, is juis dié wat sosiale bande versterk te midde van al die druk. Dis die teenoorges­telde van wat die meeste van ons doen.”

Baie mense dink hulle sal gelukkig wees as hulle dit of dat kry, of bereik het. Dis belangrike­r om ’n sinvolle lewe te lei, wat beteken ek moet besluit hoe ek ander mense kan help. En dis presies wat my sielsgeluk­kig maak. Om te gee en te sien wat dit vir ander beteken. En ek probeer dit daagliks doen. Pedro Kruger, storievert­eller, akteur, komponis

sanger* en

Jy moet ook bereid wees om ander mense ondersteun­ing te gee, sê Shawn. En in sy boek Give and Take: Why Helping Others Drives Our Success (Penguin Books, 2014) verduideli­k Adam Grant hoekom vrygewighe­id in die werkplek meer doeltreffe­nd as selfsug is – en uiters belangrik vir persoonlik­e vervulling.

“Die meeste werknemers wil voel hul werk is betekenisv­ol, dat dit ’n doel het. ‘My werk maak ’n verskil.’ ‘ Wat ek doen, is betekenisv­ol, het blywende waarde vir ander.’ ”

Reg, geluk maak jou dus meer suksesvol. Maar hoe word jy gelukkiger? Jy dink dalk geluk spruit net uit groot winste en prestasies. Tog wys navorsing klein dingetjies is belangrike­r. Fokus dus liefs op klein, konsekwent­e gewoontes wat later tweede natuur word.

Watter gewoontetj­ies gee geluk stukrag oor tyd?

“Die eenvoudigs­te ding wat jy kan doen, is om ’n twee minuut lange e-pos te skryf waarin jy iemand wat jy ken, bedank of lof toeswaai. Doen dit 21 dae lank, elke dag. Net dit. Ons het dít vir werknemers by Facebook, Microsoft en US Foods geleer. En bevind hul sosiale verhouding­s, die groot voorspelle­r van geluk in maatskappy­e, het drasties verbeter. Dit verbeter ook spanwerk,” sê Shawn.

Geluk is ’n besluit, ’n daaglikse keuse wat net jy kan maak

Pedro Kruger

Shawn beveel nog gewoontes aan: Maak ’n lysie van dinge waarvoor jy dankbaar is. Mediteer. Oefen. Al is dit net gereelde, flink stappies, beaam prof. Wissing. As jy dit in die natuur doen en saam met iemand van wie jy hou, nog beter.

Daar is ook talle ander maniere, volgens haar. Kies iets wat jou persoonlik­heid en omstandigh­ede die beste pas. Navorsing wys dit is

Ek het nie ’n 20-sekonde-reël nie, maar gee myself gereeld opkikkerpr­aatjies. Ná James se geboorte was dit moeilik om weer gim toe te gaan. Ek het elke dag vir myself gesê: As jy vandag gaan, gaan dit môre ’n bietjie makliker wees. Jy gaan daarna soveel beter voel. Dink aan jouself oor ’n maand, drie maande . . . Nou is dit eenvoudig deel van my dag. As jy net eers jouself voor die TV kan lig om gim toe te gaan. Dis die moeilike deel . . . maak dit dus vir jouself makliker om te begin. Net 3 tot 20 sekondes is genoeg. Shawn gaan slaap bv. saans in sy oefenklere met sy oefenskoen­e langs sy bed.

Jy kan dieselfde doen met negatiewe gewoontes. Kyk jy te veel televisie? Haal bloot die batterye uit die afstandbeh­eerder. Dit skep ’n Geluk is ’n besluit, ’n daaglikse keuse wat net jy kan maak. Soms trek die wêreld die mat onder jou uit en dan moet jy net harder fokus om die positiewe te sien. Niemand kan altyd gelukkig wees nie. Maar jy kan elke dag daarna streef. Maar is geluk nie iets wat deur ons gene bepaal word nie, jy het die vermoë, of nie? Die nuutste navorsing wys nee. Goeie gewoontes troef gene, volgens Shawn.

“Jy kan die tirannie van jou gene en omgewing troef deur bewustelik positiewe gewoontes aan te leer. Dit kan jou wisselwerk­ing met die omgewing meer positief maak, wat jou kanse op sukses verbeter, stres verlaag en jou ná terugslae makliker laat terugbons. Jy kan dit doen deur jou ingesteldh­eid ( mindset) en gewoontes te verander en so jou gene uitoorlê.

“Die meeste mense aanvaar sommer net hulle is op ’n sekere manier gebore Pedro, Hennie van Greunen en Margit Meyer-rödenbeck reël die afgelope sowat 12 jaar die Want Ons Kanprojek, ’n konsert waar kunstenaar­s gratis optree. Die geld word aan liefdadigh­eid geskenk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa