Sarie

WEN CD’S

-

10 Sarie-lesers kan elk die nuwe CD van Elvis Blue, Êrens in die middel van nêrens, wen. SMS die sleutelwoo­rd ELVIS (sonder leestekens), jou naam, van en telefoonno­mmer na die

nommer 35409.

SLUITINGSD­ATUM 31 Januarie 2016 Die wenners sal teen 10 Februarie 2016 in kennis

gestel word.

SIEN WEDSTRYDRE­ËLS

OP BL. 141

hierdie epiese idees. Hy het die bynaam Spielberg gekry, want smiddae as al die ander lê en lees, moes ek in 45°-hitte in die bosse rondploete­r vir die video. Dit was ’n hele komplot!” lag hy.

“Die video gaan oor ’n ou wat op ’n eiland uitspoel en dan die vertroue van die stam daar wen. Eindelik kom daar ’n boot om hom te red en hy besluit om eerder op die eiland te bly.”

Maar self sou hy dit nie gedoen het nie. “Ek het al ná die eerste week lugverkoel­ing begin mis. En ys, koue water, ’n spoeltoile­t – jy verlang maar na die beskawing!”

Hy het ook opnuut besef hoe lief hy sy gesin en sy land het. “Dit was eintlik ’n manne-vakansie, maar ek het drie keer die dertien kilometer oor die stukkende paaie gaan ry om my vrou, Chireze, en my twee dogtertjie­s, Lila (5) en Jua (2), te bel. En daar is regtig geen plek soos Suid-afrika nie. George is die mooiste plek in die wêreld.”

Maar toe word sy reis met drie dae verleng nadat ’n vulkaan in Indonesië uitgebars het. “Ons was reeds in die vliegtuig in Bali, reg om op te styg, toe hulle afkondig ons moet uitklim, die lughawens is gesluit weens te veel as in die lug. Dit was ’n bietjie heavy. My vrou was so goed om my die vakansie te gun, al is ek gereeld weg van die huis af vir werk. Sy het my eintlik aangemoedi­g om dit te doen, en toe mis ek die meeste van die week wat ek tuis sou wees ná my vakansie. Ons het die beste daarvan probeer maak: nog so ’n bietjie gaan surf, maar dan voel jy skuldig, dan gaan eet jy, en jy voel skuldig . . .

“Van die ouens het gaan partytjie hou in die stad, maar ek is nie juis ’n joller nie. Ek kon darem vir Chireze by ’n plaaslike mark ’n handgemaak­te houtkissie vir haar juwele en ’n mooi serp koop.”

Dan leun hy terug in sy stoel, sit sy arms agter sy kop en sug tevrede. “Selfs met die vertraging is ek meer ontspanne as wat ek in ’n lang tyd was. Ek’s reg vir die jaar wat kom, reg om nuwe musiek te maak.” BO Elvis en sy vriende wag vir ’n brander. LINKS ONDER Die Waingapu-kosmark naby die lughawe op Sumba waar hulle voor hul vertrek kus toe vars water gaan koop het, want op Tarimbang is daar nie winkels nie. Die twee dorpe is vier uur se ry van mekaar af. REGS ONDER Waingapu se klein lughawe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa